Browsing Rosa Swanepoel Collection by Title

Browsing Rosa Swanepoel Collection by Title

Sort by: Order: Results:

  • Swanepoel, Rosa (2008-02-27)
    Voorstelling van 'n groepsportret geneem by die opening deur Pres S.J.P. Kruger van die nuwe Nasionale Bankgebou in Pretoria, April 1893. Dit word toegelig met 'n sleutel van teenwoordigers, met notas by sommige name.
  • Swanepoel, Rosa (2007-09-14)
    In die lesing word o.a. die onderskeie kerke wat op Kerkplein opgerig is, die ou raadsaal en sy toring, en die "doodskis" gebou wat in Parlementstraat opgerig is, bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2007-08-31)
    In hierdie lesing word nog 'n aantal besighede, kerke en 'n brug oor die Apiesrivier bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2002-11)
    Rosa stel haar elektroniese nuusbrief bekend en bespreek die geboue op 'n foto van Kerkplein vanuit die noordoostelike hoek geneem.
  • Swanepoel, Rosa (2003-01)
    Die metodes waarmee pos vanaf Time Ball Hill [nou Salvokop] aangekondig is, word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-02)
    'n Bydrae oor die Erasmusgebou, en die ontsnapping van Sir Winston Churchill uit die Staatsmodelskool, toegelig met 'n foto en kaart, word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-03)
    'n Bespreking van die ou begraafplaas in Kerkstraat, foutiewe grafnommers, en die Erasmusgebou op Kerkplein. 'n Bydrae oor die huise in Jacob Marestraat word ingesluit.
  • Swanepoel, Rosa (2003-04)
    Die geskiedenis van die Prospect Seminary, die Kerk van die Nederduitsch Hervormde Gemeente in Markstraat [Tivoli Teater] en Fort Schanskop word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-05)
    Terugvoer oor Fort Schanskop, Prospect Huis, die gebruik van telegrafiese adresse, pres. M.W. Pretorius se vervoerprobleme, en 'n uittreksel uit 'n "Snuffelgids" [advertensies] as bylaag tot 'n koerant van 1878 word gegee.
  • Swanepoel, Rosa; Jansen, Anton (2003-06)
    'n Bespreking deur Anton Jansen van die argitekte en styl van die Erasmuskasteel, die tweede kerk op Kerkplein, die Erasmusgebou en die tuinierswoning in Burgerspark.
  • Swanepoel, Rosa (2003-07)
    Talle nuusbrokkies word bespreek, en 'n interessante stukkie geskiedenis oor C.P. Hattingh, lid van die Geheime Kommissie, word ingesluit.
  • Swanepoel, Rosa (2003-08)
    Die begrafnis van Pres. Paul Kruger op 16 Desember 1904 word in detail bespreek, en drie foto's word ingesluit. Terugvoer oor die watervoorsiening aan die forte word gegee.
  • Swanepoel, Rosa (2003-09)
    Wonderboompoort en die ontsnapping van Jan Celliers uit 'n beleerde Pretoria word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-10)
    In hierdie brief word die eienaarskap van die eerste plase in Pretoria en omgewing bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-11)
    In die eerste lêer word die eerste opmeting en kaart van Pretoria bespreek. 'n Uittreksel uit "Ou Pretoria: Gustav Preller" gee die herinneringe van Maria Bronkhorst weer. In die tweede lêer word "Ondersoek na die aannames ...
  • Swanepoel, Rosa (2003-12)
    In hierdie brief bespreek Rosa 'n paar bekende persone van Pretoria, en haar databasis. Die skilder Vincent van Gogh se broer Cornelis word genoem.
  • Swanepoel, Rosa (2004-01)
    Ou kaarte van Pretoria en die herinneringe van Leon Sydney Zeiler word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2004-02)
    Bespreking van die kerke op Kerkplein en die sloping van die kerktoring, asook die geskiedenis van die kerkklok van die Ooskerk. Verdere besprekings handel oor genealogiese inligting ontvang. Die program van die Gerard ...
  • Swanepoel, Rosa (2004-03)
    Die drie Raadsale word bespreek en kommentaar deur besoekers (o.a. Mark Twain) op die horlosie van die eerste kerk op Kerkplein word gedeel.
  • Swanepoel, Rosa (2004-04)
    'n Bespreking van die aktiwiteite in Pretoria. Inligting oor die klokke van die Ou Raadsaal, die geskiedenis van East Lynne, en 'n insident met donkies op die stoep van die Ou Raadsaal word gedeel.