Die voordeelvereiste in die Suid-Afrikaanse isolvensiereg

Show simple item record

dc.contributor.advisor Coetzee, Hermie en
dc.contributor.postgraduate Du Plessis, Retha en
dc.date.accessioned 2015-11-25T09:54:06Z
dc.date.available 2015-11-25T09:54:06Z
dc.date.created 2015/09/01 en
dc.date.issued 2015 en
dc.description Mini Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2015. en
dc.description.abstract Daar bestaan twee wyses in die Suid-Afrikaanse reg waarvolgens ‘n skuldenaar se boedel gesekwestreer kan word, naamlik vrywillige boedeloorgawe en gedwonge sekwestrasie. In beide gevalle word voordeel vir skuldeisers as ‘n vereiste gestel. Weens die spesifieke bewoording in die Insolvensiewet 24 van 1936, wil dit voorkom asof skuldeisers ‘n ligter bewyslas ten opsigte van die voordeel vir skuldeisersvereiste het, aangesien die hof slegs daarvan oortuig moet wees dat daar rede bestaan om te glo dat die sekwestrasie tot die voordeel van skuldeisers sal wees. In die geval van vrywillige boedeloorgawe moet daar egter ‘n positiewe bewys van voordeel vir skuldeisers bestaan. Hoewel dit nie die hoofdoel van die Insolvensiewet is om skuldverligting aan ‘n oorverskuldigde skuldenaar te bied nie, verkry ‘n skuldenaar wat suksesvol met ‘n aansoek om sekwestrasie was, ‘n kwytskelding van sy skulde. Die voordeel vir skuldeisersvereiste is ‘n hekkie wat in die pad van menigte skuldenaars staan ten einde om ‘n kwytskelding van skulde te ontvang. Die enigste alternatiewe statutêre skuldverligtingsmaatreëls wat tot ‘n skuldenaar se beskikking is, is die administrasiebevel ingevolge die Wet op Landdroshowe 32 van 1944, en die skuldhersieningsbevel ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005. Nie een van hierdie statutêre alternatiewe maatreëls verskaf aan die skuldenaar ‘n kwytskelding van skulde nie. In die verlede het skuldenaars die gedwonge sekwestrasieproses in die vorm van ‘n vriendskaplike sekwestrasie misbruik ten einde die streng vereistes van vrywillige boedeloorgawe te ontsnap en sodoende ‘n kwytskelding van hul skulde ontvang. Hierdie tipe aansoeke word nou streng deur die howe beoordeel. Sommige howe het selfs buite hul magte gegaan deur addisionele vereistes waaraan hierdie aansoeke moet voldoen, neer te lê. Daar is ook nou sommige howe wat addisionele vereistes vir aansoeke om vrywillige boedeloorgawe neergelê het ten einde ook misbruik van die proses te voorkom. ‘n Skuldenaar se toegang tot skuldverligting in die huidige Suid-Afrikaanse reg is dus daarom beperk. Die Insolvensiewet differensieer tussen twee groepe skuldenaars, “ryk” skuldenaars wat in staat is om voordeel vir skuldeisers te bewys, en “arm” skuldenaars wat nie in staat is om voordeel vir skuldeisers te bewys nie. Die vraag wat dus gevra kan word is of daar moontlik op hierdie skuldenaars se reg op gelykheid kragtens artikel 9 van die Grondwet inbreuk gemaak word. Die doel van hierdie studie is om ‘n heroorweging van die voordeelvereiste ingevolge die Insolvensiewet, hoofsaaklik in die lig van die Grondwet aan te bied. Die sekwestrasieproses word bestudeer en dit word dan met ander statutêre skuldverligtingsmaatreëls vergelyk ten einde vas te stel of die voordeelvereiste ‘n beperking op ‘n sekere groep skuldenaars se reg op gelykheid kragtens die Handves van Regte plaas en, indien wel, of sodanige beperking billik of onbillik is. en
dc.description.availability Unrestricted en
dc.description.degree LLM en
dc.description.department Mercantile Law en
dc.description.librarian tm2015 en
dc.identifier.citation Du Plessis, R 2015, Die voordeelvereiste in die Suid-Afrikaanse isolvensiereg, LLM Mini-dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/50887> en
dc.identifier.other S2015 en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/50887
dc.language.iso af en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2015 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject UCTD en
dc.title Die voordeelvereiste in die Suid-Afrikaanse isolvensiereg en
dc.type Mini Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record