Protection of road accident victims

Show simple item record

dc.contributor.author Klopper, H.B.
dc.date.accessioned 2015-07-20T07:36:33Z
dc.date.available 2015-07-20T07:36:33Z
dc.date.issued 2014-02
dc.description.abstract Suid-Afrikaanse padongelukslagoffers (POS) het vir meer as sestig jaar uitmuntende en billike beskerming van hulle regte geniet. In hierdie tyd is hulle regte duidelik omskryf en regverdiglik afgedwing. Weens die opvatting dat die stelsel van vergoeding onbekostigbaar geword het, is hierdie regte ernstig deur die Padongelukfonds Wysigingswet (POFWW) van 2005 ingekort met maatreëls wat as ʼn tussentydse “skema” beskryf word. Die voorloper van die inkorting van regte is te vinde in die bevindings en voorstelle van die Padongeluksfonds-kommissie van 2002. Die POFWW het konstruktiewelik die reg van die POS om nie-vermoënskade te vorder afgeskaf en die gegoede POS se eis vir verlies van verlies van inkomste en onderhoud ingekort. Die POFWW is deur die grondwetlike hof grondwetlik bevind. Hierdie bevinding is gegrond op die verkeerde uitkenning van die reg wat by die Wet op die Padongelukfonds 56 van 1996 betrokke is. Hierdie reg is ʼn gemeenregtelike reg en word nie wetteregtelik of in die Grondwet geskep nie. Dit is steeds ʼn gemeenregtelike reg wat deur bemiddeling van wetgewing teen ʼn statutêr-geskepte vermoënde verweerder afgedwing word om sodoende sekerheid van verhaling van ʼn POS se gemeenregtelike reg op skadevergoeding te verseker. Die meganisme wat deur die wetgewer gebruik word, is die opskorting van die gemeenregtelike deliktuele eis teen die gemeenregtelike delikpleger vir solank as wat die Padongelukfonds aanspreeklik is met die doel om aan die POS die wydste moontlike dekking te gee teen die moontlikheid dat sy eis weens die finansiële onvermoë van die delikpleger nie afgedwing kan word nie. Die inperking van regte deur die POFWW is vir hierdie rede ongrondwetlik omdat dit regte wegneem sonder enige vergoedende voordeel en die wysigings strydig is met die doel van die hoofwetgewing. Die POFWW skep ʼn drempel wat deur ʼn POS oorgesteek moet word (daar moet ʼn “ernstige besering” soos deur die wet en regulasies bepaal gely word) voordat so ʼn slagoffer sy eis vir vermoënsnadeel teen die POF kan afdwing. ʼn Oorsig van ander regstelsels in Amerika en Australië wat drempels gebruik, toon dat sulke drempels toegepas word waar daar toereikende vermoënsvoordele op ʼn skuldlose grondslag aan ʼn POS toegesê word. Die nodigheid vir inperking van die voordele van die Suid-Afrikaanse POS word allerweë deur die tekort aan fondse regverdig. ʼn Tekort aan fondse is nie ʼn grondwetlik-erkende rede vir die inperking van regte nie en die finansiële posisie van die POF kan tot ʼn mate aan die POF se nie-nakoming van sy grondwetlike plig om die POS van diens te wees, toegeskryf word. Die verbreking van hierdie plig word in ʼn reeks van sake aangetref en gee aanleiding tot koste-implikasies wat in die POF se finansiële state (ʼn yslike regsrekening van R3,5 biljoen in 2012) weerspieël word. Die regering het op 8 Februarie 2013 die Padongelukvoordele-skema Wetsontwerp van 2013 (POVSWW) vir kommentaar gepubliseer. Dit is nie moontlik om in die afwesigheid van inligting wat die vlak van voorgestelde voordele openbaar volle kommentaar hierop te lewer nie. Hierdie wetsontwerp is ʼn direkte uitvloeisel van die Padongelukfonds Kommissieverslag van 2002. Die wetsontwerp beoog skuldlose aanspreeklikheid met vaste voorgeskrewe voordele en die afskaffing die betaling van nie-vermoënsnadeel deur motorbotsings veroorsaak. Die afskaffing op die reg op nie-vermoënsnadeel is ongrondwetlik. Nie een van die regstelsels wat soortgelyke vergoedingskemas bevat, skaf hierdie reg algeheel af nie en dit behoort by die voordele (al is dit op ʼn beperkte wyse) ingesluit te word of andersins voor voorsiening gemaak word. Verskeie van die bepalings is onduidelik – (veral die aanspreeklikheidsbepalende artikel en die wyse waarop vergoeding bepaal word) in teenstelling met die Wet op Beroepsbeserings en Beroepsiektes van 1993, omslagtig. Die POVSWW maak ook sonder enige teenwigte voorsiening vir die eensydige wegneem en inperking van voordele en skryf vervaltermyne voor wat duidelik ongrondwetlik is. Dieselfde opmerking geld vir die gebruik van ouderdom om voordele te beperk. Die samestelling van die appèlliggaam gee die indruk van partydigheid terwyl dit die reg van toegang tot die howe inperk. Die POVSWW het die potensiaal om die algehele posisie van die POS verder te verstewig, maar beslis nie in sy huidige vorm nie. en_ZA
dc.description.librarian am2015 en_ZA
dc.description.uri http://www.lexisnexis.co.za en_ZA
dc.identifier.citation Klopper, HB 2014, 'Protection of road accident victims', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 77, no. 1, pp. 72-98. en_ZA
dc.identifier.issn 1682-4490
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/49111
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher LexisNexis en_ZA
dc.rights LexisNexis en_ZA
dc.subject Protection of road accident victims en_ZA
dc.subject Beskerming van padongelukslagoffers en_ZA
dc.title Protection of road accident victims en_ZA
dc.title.alternative Beskerming van padongelukslagoffers en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record