The importance of apparel product attributes for female buyers
Loading...
Date
Authors
North, Ernest J.
De Vos, Retha B.
Kotze, Theuns G.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences
Abstract
Die doel van hierdie artikel is om die bevindinge van 'n empiriese ondersoek te rapporteer wat uitgevoer is om vroulike verbruikers se aankoopbesluite vir 'n kledingstuk te ontleed wat gebaseer is op die waarde wat hulle aan sekere eienskappe van die produk heg. Alhoewel menige studies in die verlede verbruikers se houdings jeens produkte en hul eienskappe gemeet het, is die moontlikheid van die effek van interaksie tussen die attribute oorgesien. In die Suid-Afrikaanse konteks het die literatuurstudie getoon dat daar 'n behoefte is aan 'n studie om te bepaal wat die waarde is wat vroulike verbruikers aan sekere produkeienskappe heg voordat aankoopbesluite gefinaliseer word.
'n Vraelysopname is as primêre data-insamelingsmetode gebruik waartydens die respondente versoek is om aan te toon wat hul voorkeure is vir dertig gepaarde kombinasies van die produk en sy eienskappe. Hierdie studie het op vier eienskappe, naamlik handelsmerk, styl, kleinhandelaar en prys gefokus. Hipoteses is geformuleer en voorkeurkeuse- ontleding ("conjoint analysis") is vir die ontleding van data gebruik. Die bevindinge toon aan dat daar beduidende verskille is in die waardes wat vroulike verbruikers heg aan die eienskappe van 'n kledingstuk voordat aankoopbesluite geneem word.
Description
Keywords
Female buying behaviour, Female consumers, Purchasing decisions, Brands, Consumer apparel purchasing decisions, Age
Sustainable Development Goals
Citation
North, EJ, De Vos, RB & Kotze, T 2003, 'The importance of apparel product attributes for female buyers', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 31, pp. 41-51. [http://www.up.ac.za/saafecs/]