Body shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturing

Show simple item record

dc.contributor.author De Klerk, Helena Maria
dc.contributor.author Mabuza, Letsiwe Lindiwe
dc.contributor.author Adamski, Karien
dc.date.accessioned 2015-05-08T12:58:34Z
dc.date.available 2015-05-08T12:58:34Z
dc.date.issued 2014
dc.description.abstract Om goeie pas te verseker is dit belangrik dat klein- en grootskaalse klerevervaardigers klere vervaardig wat die groottes en liggaamsvorme van hul teikenmark sal pas. Vir die pas van klere maak groot- en kleinskaalse klerevervaar-digers gebruik van kommersiële pas-modelle, waarvan die groottes en vorme veronderstel is om dieselfde te wees as die groottes en vorme van die teikenmark. Soos in baie ander lande, is geen antropometriese data van die Swazi-populasie beskikbaar nie, en ondervind veral die kleinskaalse klerevervaardigers in Swazi-land steeds menige probleme met die pas van hul vervaardigde klere. Die doel van die studie was eerstens om die mees algemene vroulike Swazi-liggaamsvorm wat vir die vervaardiging van kommersiële pas-modelle gebruik kan word, te identifiseer, en tweedens om die mees algemene Swazi-liggaamsvorm met die lig-gaamsvorme van beskikbare kommersiële pas-modelle te vergelyk. Die steekproef het bestaan uit 101 jong Swazi-vroue, ouderdom 18-30 jaar, en met ’n grootte 32 en 34 borsmaat. Die studie is in twee fases uitgevoer. In fase 1 is die liggaamsmates van die steekproef en twee verskillende handels-naam kommersiële pas-modelle geneem en vergelyk. In fase 2 is die pas van ’n basiese rok wat volgens die mates van die geïdentifiseerde mees algemene Swazi-liggaamsvorm (grootte 32 en 34) gemaak is, op die kommersiële pas-modelle geëvalueer. Die resultate het getoon dat die mees algemene Swazi-liggaamsvorm die driehoekige liggaams-vorm is, gevolg deur die uurglas-liggaamsvorm. In teenstelling met wat verwag is, was die liggaamsvorm van die pas-modelle nie die uur-glas of ideale liggaamsvorm nie, maar wel ’n langwerpige en driehoekige liggaamsvorm. Daar was betekenisvolle verskille tussen die lig-gaamsmates van beide groottes driehoekige Swazi-liggaamsvorms en die mates van die twee verskillende handelsnaam-pas-modelle. Die evaluering van die pas van ’n basiese rok, gemaak volgens die mates van die geïden-tifiseerde mees algemene Swazi-liggaamsvorm (grootte 32 en 34 Swazi) op die kommersiële pas-modelle, het dan ook pas-probleme uitge-wys. Die resultate het implikasie vir vervaar-digers van pas-modelle sowel as van klere wat vir die Swazi-mark bedoel is en_ZA
dc.description.librarian am2015 en_ZA
dc.description.uri http://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/famecs en_ZA
dc.identifier.citation De Klerk, HM, Mabuza, LL & Adamski, K 2014, 'Body shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturing', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences / Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe, vol. 42, pp. 85-101. en_ZA
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/45078
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_ZA
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_ZA
dc.subject Body shape en_ZA
dc.subject Body form en_ZA
dc.subject Female Swazi consumers en_ZA
dc.subject Apparel manufacturing en_ZA
dc.title Body shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturing en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record