Sessie van eiendomsreg en van terugvorderingsbevoegdheid : kan n saaklike reg deur sessie oorgedra word? : Page Automation (Pty) Ltd v Profusa Properties CC t/a Homenet OR Tambo : 2013 4 SA 37 (GSJ)

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Van Schalkwyk, L.N. (Llewelyn Neil), 1952-

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die regsvraag vir beantwoording in Page Automation word só geformuleer (40G): “The question to be determined is whether the real right of ownership can be transferred by means of cession.” Dit word in die volgende woorde bevestigend beantwoord (44B–C): “Accordingly, in the present matter I find that delivery and transfer of ownership of the equipment took place when OEP ceded its rights to and in the agreement to the plaintiff on 10 January 2010. The plaintiff’s claim for delivery of the equipment therefore must succeed” (my beklemtoning). Die gebruik van die woord “delivery” in die aanhaling hierbo is onduidelik. Die vraag is of eiendomsoorgang deur sessie kan plaasvind. Indien die antwoord hierop bevestigend is, kom lewering nie ter sprake nie. Die reg aanvaar sonder twyfel dat sessie van aandele erken word (vgl oa Etkind v Hicor Trading Ltd 1999 1 SA 111 (W) 125B–F), maar of dieselfde ten opsigte van sessie van eiendomsreg van stoflike/liggaamlike roerende sake gesê kan word, vorm die onderwerp van hierdie vonnisbespreking.

Description

Keywords

Stoflike/liggaamlike roerende sake, Sessie van die vindikasie-/terugvorderingsbevoegdheid, Sessie van eiendomsreg, Lewering deur kennisgewing

Sustainable Development Goals

Citation

Van Schalkwyk, LN 2015, 'Sessie van eiendomsreg en van terugvorderingsbevoegdheid : kan n saaklike reg deur sessie oorgedra word? : Page Automation (Pty) Ltd v Profusa Properties CC t/a Homenet OR Tambo : 2013 4 SA 37 (GSJ)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 78, no. 1, pp. 170-179.