Abstract:
Die regsvraag vir beantwoording in Page Automation word só geformuleer
(40G): “The question to be determined is whether the real right of ownership can
be transferred by means of cession.” Dit word in die volgende woorde bevestigend
beantwoord (44B–C):
“Accordingly, in the present matter I find that delivery and transfer of ownership of
the equipment took place when OEP ceded its rights to and in the agreement to the
plaintiff on 10 January 2010. The plaintiff’s claim for delivery of the equipment
therefore must succeed” (my beklemtoning).
Die gebruik van die woord “delivery” in die aanhaling hierbo is onduidelik. Die
vraag is of eiendomsoorgang deur sessie kan plaasvind. Indien die antwoord
hierop bevestigend is, kom lewering nie ter sprake nie. Die reg aanvaar sonder
twyfel dat sessie van aandele erken word (vgl oa Etkind v Hicor Trading Ltd
1999 1 SA 111 (W) 125B–F), maar of dieselfde ten opsigte van sessie van eiendomsreg
van stoflike/liggaamlike roerende sake gesê kan word, vorm die onderwerp
van hierdie vonnisbespreking.