Verwesenliking van die regte van slagoffers van seksuele Kindermishandeling in die Suid-Afrikaanse reg

Show simple item record

dc.contributor.advisor Boezaart, C.J. (Trynie) en
dc.contributor.postgraduate Anker, G. en
dc.date.accessioned 2015-01-19T12:13:31Z
dc.date.available 2015-01-19T12:13:31Z
dc.date.created 2014/12/12 en
dc.date.issued 2014 en
dc.description Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2014. en
dc.description.abstract Die studie is onderneem om te bepaal of die Suid-Afrikaanse verjaringswetgewing die verwesenliking van die regte van slagoffers van seksuele kindermishandeling beskerm Die slagoffers van die misdaad het twee maniere waarop hul geregtigheid kan nastreef, naamlik deur die instel van ʼn eis vir skadevergoeding of deur privaatvervolging. In die studie is die Suid- Afrikaanse reg met betrekking tot eise gebaseer op delik vir skadevergoeding en verjaring van kriminele aanklagte, asook die privaatvervolging in gevalle van volwasse slagoffers van seksuele kindermishandeling, ondersoek. Die Suid-Afrikaanse verjaringswetgewing is rigied geskryf en geen voorsorg was getref vir die slagoffers van díe spesifieke misdaad nie. Verjaring gee regsekerheid vir die ortreder en die slagoffer. Die Suid-Afrikaanse howe het hul plig nagekom om wetgewing so te interpreteer dat dit internasionale standaarde na streef soos deur die Grondwet voorgeskryf. Hier is vasgestel dat Suid-Afrika se verjaringswetgewing eise wat deur volwasse slagoffers van seksuele kindermishandeling wat met die sequelae wat met hierdie misdaad geassosieer word ingestel is akkomodeer. In Van Zijl v Hoogenhoudt1 som die regter soos volg op; (1) chronic child abuse is sui generis in the sequelae that flow from it; (2) distancing of the victim from reality and transference of responsibility by the victim on to himself or herself are known psychological consequences; (3) in the absence of some cathartic experience, such consequences can and often do persist into middle age despite the cessation of the abuse during childhood Uit Van Zijl v Hoogenhoudt en Bothma v Els 2 toon dat, alhoewel Suid-Afrika se verjaringswetgewing nie opgestel is met die misdaad van seksuele kindermishandeling in gedagte nie, het die howe ons wetgewing geinterpreteer om te voldoen aan die bepalings van die Handves van Menseregte en aan die internasionale konvensies waartoe Suid-Afrika ʼn party is. Die howe het bepaal dat verjaring eers begin loop sodra die slagoffer ʼn verbintenis gemaak het tussen die seksuele mishandeling en die negatiewe emosionele en sielkundige gevolge wat daaruit spruit. Die beskuldigde behou steeds sy reg tot n spoedige verhoor al is daar ‘n lang vertraging gewees vanaf die misdaad tot op die dag wat die eis/klag ingestel is. Werklike nadeel vir die beskuldigde moet getoon word en nie net moontlike nadeel nie. Die Handves van Menseregte3 stel dit dat in elke aangeleentheid wat die kind raak, die beste belange van die kind deurslaggewend is. Een van die oogmerke in die Kinderwet4 is om te verseker dat die beste belang van ʼn kind van deurslaggewende belang is in elke aangeleentheid betreffende die kind. Artikel 28 van die Grondwet bepaal dat die kind beskerm moet word teen mishandeling, misbruik, verwaarlosing, degradering, diskriminasie, eksploitasie en enige ander fisiese, emosionele of morele leed of gevaar. Die regte van die kind moet gerespekteer, beskerm en bevorder word. Daar moet sekerheid wees oor die vervulling van, en waking teen enige inbreukmaking op die kind se regte. Die beste belange van die kind is die oorheersende oorweging in alle aangeleenthede wat die kind raak. en
dc.description.availability Unrestricted en
dc.description.degree LLM en
dc.description.department Private Law en
dc.description.librarian lk2014 en
dc.identifier.citation Anker, G 2014, Verwesenliking van die regte van slagoffers van seksuele Kindermishandeling in die Suid-Afrikaanse reg, LLM Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/43336> en
dc.identifier.other M14/9/245 en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/43336
dc.language.iso en en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject UCTD en
dc.title Verwesenliking van die regte van slagoffers van seksuele Kindermishandeling in die Suid-Afrikaanse reg en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record