Geneem en gelees : oor Dirkie Smit as hermeneutiese teoloog
Loading...
Date
Authors
Veldsman, D.P. (Daniel Petrus), 1959-
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Theology, Stellenbosch University
Abstract
Met spesifieke toespitsing op die werk Neem, lees! (2006) van die sistematiese teoloog
Dirkie Smit van die Fakulteit Teologie, Stellenbosch, word krities gevra na sy benadering
tot en verstaan van die plek van hermeneutiek in teologiese besinning. Op grond van ‘n
uiteensetting van sy diepgaande hermeneutiese verstaan, word sy benadering beskrywe as
‘n ekumenies-ekklesiologiese rasionaliteitsmodel. Ten opsigte van hierdie model word die
vraag gestel “waarheen?” dit ons hermeneuties neem. Hierdie “waarheen?” word aangedui
en krities bespreek met as kernpunt van kritiek die volledige ignorering van die eietydse
teologie-wetenskap debat wat op geen wyse vormgewend neerslag vind in Smit se hermeneutiese
model nie.
Description
Keywords
Dirkie Smit, Neem, lees! (2006), Ekumenies-ekklesiologiese rasionaliteitsmodel, Hermeneutiese teoloog
Sustainable Development Goals
Citation
Veldsman, DP 2013, 'Geneem en gelees : oor Dirkie Smit as hermeneutiese teoloog', NGTT: Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif/Dutch Reformed Theological Journal, vol.54, no. 3&4, pp. 1-12