Skikkings in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg

Show simple item record

dc.contributor.advisor Botha, D.H.
dc.contributor.postgraduate De la Rey, Elisabeth Marie
dc.date.accessioned 2014-09-05T12:09:06Z
dc.date.available 2014-09-05T12:09:06Z
dc.date.created 1983-06-02
dc.date.issued 1983 en_US
dc.description Thesis (LLD)--University of Pretoria, 1983. en_US
dc.description.abstract Die doel van hierdie proefskrif was om bestaande prohleme in verband met maatskappyregtelike skikkings te ondersoek, in die lig daarvan dat die prosedure berug is as n wyse om misdadige bedrywighede rondom die ineenstorting van n maatskappy te verberg. Die ondersoek is hoofsaaklik beperk tot skikkings, hoewel skikkings en reelings deur dieselfde bepalings van die Wet gereguleer word. Die geskiedkundige ontwikkeling van artikels 311 en 312 is vanaf hul ontstaan in die Engelse wetgewing nagegaan. Die begrippe "skikking" en "reeling" is ontleed en die praktiese gebruike daarvan nagegaan. l Ons howe beskou n goedgekeurde maatskappyregtelike skikking as n kontrak; dit voldoen egter nie aan die vereistes vir n kontrakregtelike skikking nie. Die tersaaklike kontraktuele aspekte is derhalwe nagegaan. Aan die hand van regspraak en n aantal goedgekeurde skikkings, is die inhoud van n skikkingsaanbod ontleed. Die toepaslike prosedure en formaliteite is sorgvuldig nagegaan, in die lig daarvan dat die Wet eerder hierop klem 1~ as op die inhoud van die skikking. Besondere aandag is aan die grondslag vir indeling van skuldeisers en lede in verskillende klasse gegee. Statutere regulering van die skikkingprosedure eindig nadat die skikking van krag geword het. Die verdere verloop vind in ooreenstemming met die bepalings van die skikking plaas. Uitvoering hiervan word deur n sogenaamde ontvanger namens skuldeisers waargeneem, n amp wat nog nie statutere erkenning geniet nie, maar wat in die praktyk duidelik uitgekristalliseer het. Aan die hand van regspraak is sy amp verder nagegaan en is daar aanbeveel dat, net soos in Australie, sy amp statuter erken en gereel behoort te word. Daar is gelet op misbruik van die skikking- en reelingskemaprosedure, sowel as op die behoefte aan beter beskerming van skuldeisers en lede. Daar is aanbeveel dat waar n maatskappy in likwidasie of onder ,geregtelike bestuur is, skikkings uit die artikel 311-prosedure gelig behoort te word en in ooreenstemming met die akkoordprosedure by insolvensie gebring te word, met die verskil dat likwidasie of geregtelike bestuur onmiddellik by bekragtiging van n skikking opgehef kan word. Yoldoende tyd vir behoorlike ondersoek van n maatskappy se sake behoort toegelaat te word alvorens n skikking oorweeg kan word en meer omvattende inligting behoort aan skuldeisers en lede verskaf te word. Die howe behoort in die uitoefening van hul diskresie deur n deskundige bygestaan te word wat oor die ekonomiese aspekte van n skema verslag doen. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.department Mercantile Law en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Delarey, EM1983, Skikkings in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg, LLD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/41935> en_US
dc.identifier.other D14/4/565/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/41935
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1983 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Maatskappyregtelike skikkings en_US
dc.subject Maatskappy en_US
dc.subject Die geskiedkundige ontwikkeling van artikels 311 en 312 en_US
dc.subject UCTD
dc.title Skikkings in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record