Formaliteitsvoorskrifte (of gebrek daaraan) ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Renke, Stefan
Kinnear, Lichel

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Verbruikerskredietwetgewing (synde wetgewing wat verbruikers wat goedere koop of huur, dienste bekom of geld leen ingevolge kredietooreenkoms teen die kontraktuele en finansiële implikasies van sodanige ooreenkomste beskerm) in Suid-Afrika (selfs voor Republiekwording) het oor die jare heen formaliteitsvoorskrifte (ook “vormvereistes” of “formaliteite”) neergelê waaraan kredietooreenkoms moes voldoen. Dieselfde geld die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981 (“Wet op Vervreemding van Grond”) en die voorgangers daarvan wat insgelyks as verbruikerskredietwetgewing kwalifiseer (Diemont en Aronstam The law of credit agreements and hire-purchase in South Africa (1982) 365ff; Grové en Otto Basic principles of consumer credit law (2002) 5–6 103ff en Otto en Otto The National Credit Act explained (2013) 3). Die verbruikerskredietwetgewing wat tans in Suid-Afrika aanwending vind, is die “National Credit Act” 34 van 2005 (die Nasionale Kredietwet) en die Wet op Vervreemding van Grond (Otto in Scholtz (red) “Commentary” Guide to the National Credit Act (2008) (laaste opdatering 2012) par 1.3.4; Renke An evaluation of debt prevention measures in terms of the National Credit Act 34 of 2005 (LLD-proefskrif UP 2012) 16 327).

Description

Keywords

Verbruikerskredietwetgewing, Nasionale Kredietwet 34 van 2005, Suid-Afrika (SA)

Sustainable Development Goals

Citation

Renke, S & Kinnear, L 2013, 'Formaliteitsvoorskrifte (of gebrek daaraan) ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 76, no. 4, pp. 665-676.