Toelaatbaarheid van ekstrinsieke getuienis by die uitleg van kontrakte : Zeeman v De Wet NO 2012 6 SA 1 (HHA)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Cornelius, Steve J.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Juta Law

Abstract

Die reëls met betrekking tot die toelaatbaarheid van ekstrinsieke getuienis by die uitleg van skriftelike kontrakte is en bly maar altyd 'n doring in die vlees vir kontrakspartye en regslui wat kontrakspartye moet adviseer aangaande die uitleg en uitvoering van kontrakte. Dit is soms moeilik om aan partye te verduidelik waarom getuienis, wat op die oog af hoogs relevant tot die beregting van 'n geskil mag wees en skynbaar klinkklare antwoorde bied, buite rekening gelaat moet word. Daarby word daar dikwels heelwat daarvan gewag gemaak dat die reëls met betrekking tot die toelaatbaarheid van ekstrinsieke getuienis kwansuis onbillike gevolge kan inhou, sonder dat enige wesenlike en geldige voorbeelde van onbillikheid voorgehou word.

Description

Keywords

Toelaatbaarheid, Ekstrinsieke getuienis, Kontrakte

Sustainable Development Goals

Citation

Cornelius, S 2013, 'Toelaatbaarheid van ekstrinsieke getuienis by die uitleg van kontrakte : Zeeman v De Wet NO 2012 6 SA 1 (HHA)', Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 4, pp. 805-816.