Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Schoeman-Malan, Linda

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LitNet

Abstract

Suid-Afrika is onlangs deur 'n vloedgolf gesinsmoorde getref. Teen die agtergrond van hoë misdaadsyfers word die uitwerking van so 'n wandaad uit 'n privaatregtelike oogpunt ondersoek. 'n Moord het sekere strafregtelike gevolge, maar dit werk outomaties ook in op die erfregtelike sfeer van die privaatreg deurdat die vermoënsgoedere van die vermoorde ingevolge die erfreg onder erfgename verdeel word. Die onwaardigheidsbeginsel bekend as die "bloedige hand" wat 'n wandader verhoed om te erf, en die oorhoofse gemeenregtelike onwaardigheidsbeginsel wat behels dat geeneen voordeel mag trek uit sy eie onregmatige optrede nie, word bespreek met verwysing na die grondslag van hierdie beginsels. Die volgende relevante aangeleenthede word toegelig: die impak wat moord, naas die kriminaliteit daarvan, op die erfreg en boedelberedderingsproses het; gesinsmoorde en die uitwerking van opsetsmisdade deur een gesinslid op 'n ander; die aanwending van die "bloedige hand"-beginsel in gevalle waar die wandader op onderhoud of die betaling van regskostes uit die boedel van sy slagoffer aanspraak maak; die interaksie tussen strafsake (weens moord) en siviele gedinge (weens onregmatige bevoordeling) en die wanverhouding tussen die graad van straftoemeting en sivielregtelike gevolge; die uitwerking van regverdigings- en skulduitsluitingsgronde op die waardigheid al dan nie om te erf en ander finansiële voordele te neem; enkele ander relevante aspekte by doodsveroorsaking en onwaardigheid, soos representasie en volgorde van dood; en die praktiese toepassing van die onwaardigheidsbeginsel deur die eksekuteur en die meester tydens die beredderingsproses van die slagoffer en sy nabyverwante se boedels. Vervolgens word die vraag gevra of daar voldoende kennis geneem word van die onwaardigheid van die misdadigers om bevoordeel te word, ook waar daar 'n tydsverloop tussen die pleeg van die misdaad, die identifisering van die moordenaar en die dood van nabyverwante is. Ten slotte word aanbeveel dat statutêre formulering van die gemeenregtelike beginsels tot die effektiewe toepassing daarvan kan bydra.
Crime in South Africa is rife and, as reported daily in newspapers and magazines, murder is one of those serious crimes that has reached unprecedented levels. What is even more disconcerting is that South Africa has recently been struck by a tidal wave of family slayings. Crimes within families are attributed to social ills such as a violent society, adverse economic conditions, substance dependency and drug abuse. Negative social trends such as family violence and murder that affect the family accordingly have a definite impact on the law of succession. This article focuses on the consequences of family slayings from a criminal as well as a private law perspective, with specific emphasis on the law of succession and the principle of unworthiness to inherit from a victim or to take any other benefit from the estate or even from outside the estate of a deceased person. The general principle of unworthiness has its roots in common law. A person who unlawfully and intentionally or in certain circumstances negligently kills someone cannot inherit from the victim's estate. This incapability can be arrived at in two ways: first, in terms of the general principle of unworthiness that no person may be enriched by his or her own unlawful conduct, or benefit from conduct that is punishable; secondly, in terms of the specific unworthiness also known as the "bloody hand" principle ("de bloedige hand en neemt geen erffenis") which finds application in the law of succession. According to the latter principle a person who wrongfully caused the death of a deceased is precluded from inheriting or taking any benefit from the estate of the deceased or a close family member (conjunctissimi) of the deceased.

Description

Keywords

Blaamwaardigheid, Bloedige hand, Erfreg, Moord, Onbevoegdheid, Onregmatigheid, Ontoerekeningsvatbaarheid, Onwaardigheid, Opsetsmisdade, Privaatreg, Regverdigingsgrond, Siviele gedinge, Strafsake, Wederregtelikheid, Accountable, Blameworthy, Bloody hand, Civil proceedings, Criminal cases, Incapacity, Incompetence, Intended crimes, Law of succession, Murder, Private law, Unlawfulness, Unworthiness, Wrongfulness

Sustainable Development Goals

Citation

Schoeman-Malan, L 2013, 'Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde', LitNet Akademies, vol. 10, no. 3, pp. 113-175.