Die verband tussen emosionele intelligensie en die akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente

Show simple item record

dc.contributor.advisor Botha, A.
dc.contributor.postgraduate Swart, Amanda Rene
dc.date.accessioned 2014-04-01T09:11:34Z
dc.date.available 2014-04-01T09:11:34Z
dc.date.created 1997-12-02
dc.date.issued 1997 en_US
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1997. en_US
dc.description.abstract Hierdie studie fokus op die moontlike verband tussen die emosionele intelligensie en akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente aan die Universiteit van Pretoria. Verder is bepaal of subgroepe van die eerstejaarkoshuispopulasie betekenisvolle verskille ten opsigte van die komponente van emosionele intelligensie toon. Hierdie studie kan van waarde wees ten opsigte van die mentorstelsel van die Studentevoorligtingsdepartement aan die Universiteit van Pretoria. Die inligting verkry in hierdie studie kan aangewend word om psigo-opleidingsprogramme en dienste van Studentevoorligting so te rig ten einde akademiese uitsakking te verminder en studente in die akademiese en sosiale aanpassingsproses op universiteitsvlak by te staan. Verskillende teoriee van emosionele intelligensie word bespreek, met die fokus op Reuven Bar-On se siening van emosionele intelligensie. Die komponente van emosionele intelligensie word in detail bespreek. Die uitsakking van eerstejaarstudente, faktore wat akademiese prestasie be"invloed, faktore uniek tot kultuurandersoortige studente en faktore bepalend vir akademiese sukses word bespreek. Die verband tussen akademiese sukses en die verskeie komponente van emosionele intelligensie word aangedui. Die literatuur toon dan ook dat die 15 komponente van emosionele intelligensie 'n bepalende invloed op akademiese prestasie het en akademiese sukses betekenisvol be"invloed. 'n Opname-ontwerp is in die studie gebruik. Die finale steekproef het uit eerstejaarkoshuisstudente bestaan wat die Emotional Quotient Inventory (Bar-On, 1996c), 'n vraelys wat emosionele intelligensie en die komponente van emosionele intelligensie meet, voltooi het. 'n Biografiese vraelys is ingesluit vir doeleindes van steekproefbeskrywing. Die statistiese verwerkings van die resultate is deur middel van variansie-analise en t-toetse gedoen. Verskeie statisties betekenisvolle intergroepverskille is tussen die geslagsgroepe en taalgroepe aangedui. Alhoewel daar nie 'n betekenisvolle verband tussen die saamgestelde emosionele intelligensie-skaal en akademiese prestasie verkry is nie, toon die resultate verkry deur variansie-analise en t-toetse vir die vergelyking van prestasiegroepe, dat die volgende subskale van die EQ-i tussen goeie en swak presteerders onderskei en as voorspellers van akademiese prestasie beskou kan word: selfaktualisering, realiteitstoetsing, strestoleransie, optimisme, probleemoplossing en kwaliteit van lewe. Hipotese 1, wat stel dat daar 'n verband tussen emosionele intelligensie en die akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente bestaan, word verwerp. Hipotese 2, 3 en 4 wat stel dat beduidende verskille tussen verskillende geslags-, taal- en prestasiegroepe verkry sal word ten opsigte van sommige van die emosionele intelligensie-komponente, word aanvaar. Die resultate verkry in die studie kan gebruik word ten einde dienste wat deur middel van die mentorstelsel van die Studentevoorligtingsdepartement van die Universiteit van Pretoria aan eerstejaarkoshuisstudente gebied word, te rig. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Psychology en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Swart, AR 1997, Die verband tussen emosionele intelligensie en die akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/37303> en_US
dc.identifier.other E14/4/24/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/37303
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1997 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Emosionele intelligensie en_US
dc.subject Akademiese prestasie en_US
dc.subject Eerstejaarkoshuisstudente en_US
dc.subject Universiteit en_US
dc.subject Aanpassing en_US
dc.subject Uitsakking en_US
dc.subject Mentorstelsel en_US
dc.subject Studentevoorligting en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die verband tussen emosionele intelligensie en die akademiese prestasie van eerstejaarkoshuisstudente en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record