Cosmetic surgery and responsible patient selection - does a legal duty to screen patients exist?
Loading...
Date
Authors
Verwey, Hanneke
Carstens, Pieter Albert, 1960-
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press (PULP)
Abstract
Daar is sekere unieke uitdagings wat pasiëntkeuse vir kosmetiese chirurgie betref. Die uitdaging wat kosmetiese chirurge in die gesig staar is hoe om reeds voor chirurgiese ingryping pasiënte te identifiseer wat 'n swak resultaat in terme van sielkundige aanpassing en psigososiale funksionering sal hê, ten spyte van 'n tegnies aanvaarbare resultaat. Aangesien sielkundige faktore onderliggend is aan die meeste versoeke vir kosmetiese chirurgie, word daar aan die hand gedoen dat kosmetiese chirurge 'n regsplig het om bewus te wees van algemeen erkende psigiatriese toestande en simptome. Kosmetiese chirurge, meer so as die meeste ander spesialiste, moet aandagtige luisteraars wees met kliniese vernuf wat strek buite die tipiese grense van medisyne en siekte. Die deliktuele, strafregtelike en kontraktuele aanspreeklikheid van 'n kosmetiese chirurg wat opereer op 'n sielkundig onstabiele pasiënt word in besonderhede bespreek. Die bespreking vind plaas aan die hand van 'n Amerikaanse saak, die enigste saak van sy soort ter wêreld, waar die vraag of 'n pasiënt wat ly aan liggaamsdismorfiese versteuring geldige toestemming tot kosmetiese chirurgie kan gee, aangespreek is.
Description
Keywords
Cosmetic surgery, Patient selection, Kosmetiese chirurgie, Pasiëntkeuse
Sustainable Development Goals
Citation
Verwey, H & Carstens, P 2013, 'Cosmetic surgery and responsible patient selection - does a legal duty to screen patients exist?', De Jure, vol. 46, no. 2, pp. 432-450.