Die omvang en funksionaliteit van voëlverwysings in die gedigte van D.J. Opperman

Show simple item record

dc.contributor.advisor Pieterse, Henning Jonathan, 1960-
dc.contributor.postgraduate Franzsen, R.C.D. (Riel)
dc.date.accessioned 2014-02-11T05:13:25Z
dc.date.available 2014-02-11T05:13:25Z
dc.date.created 2013-09-05
dc.date.issued 2013 en_US
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2013. en_US
dc.description.abstract In die Afrikaanse letterkunde speel voëls by verskeie digters ’n belangrike rol – as simbole of metafore, of bloot as onderwerp in tradisionele natuurgedigte. Ook in die oeuvre van D.J. Opperman, een van die grootste Afrikaanse digters van die vorige eeu, speel voëls ’n belangrike rol. In sy nege bundels is daar verwysings na 32 voëlspesies en 26 voëlsoorte. In 123 uit 389 Opperman-gedigte is daar voël-verwante verwysings. Opperman gebruik voëls baie effektief as simbole en metafore om onder meer menslike emosies en handelinge te suggereer of beklemtoon. Veral in sy eerste twee bundels, Heilige beeste (1945) en Negester oor Ninevé (1947), sy laaste bundel, Komas uit ’n bamboesstok (1979), asook sy bundel-in-wording waarin hy voor sy massiewe beroerte gewerk het, Sonklong oor Afrika, figureer voëls prominent. Die voëlkundige en bio-regionale akkuraatheid waarmee Opperman verwysings na voëls gebruik om die temas van gedigte toe te lig, is bevestiging van sy besondere fyn waarnemingsvermoë en dui daarop dat hy ’n meer as toevallige kennis van en belangstelling in voëls gehad het. Veral lesers met ’n kennis van voëls behoort ’n ryke leeservaring te hê by die lees en herlees van Opperman se gedigte. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Unit for Creative Writing en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Franzsen, RCD 2013, Die omvang en funksionaliteit van voëlverwysings in die gedigte van D.J. Opperman, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/33359> en_US
dc.identifier.other E13/9/1061/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/33359
dc.language.iso en en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject D.J. Opperman en_US
dc.subject Voëlspesies en_US
dc.subject Voëlsoorte en_US
dc.subject Simbole en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die omvang en funksionaliteit van voëlverwysings in die gedigte van D.J. Opperman en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record