Die Kehre-Denke by O.A. Heidegger en die Agogiese betekenis daarvan

Please be advised that the site will be down for maintenance on Sunday, September 1, 2024, from 08:00 to 18:00, and again on Monday, September 2, 2024, from 08:00 to 09:00. We apologize for any inconvenience this may cause.

Show simple item record

dc.contributor.advisor Dreyer, P. S.
dc.contributor.postgraduate Pienaar, Jacobus Johannes
dc.date.accessioned 2014-01-13T12:30:28Z
dc.date.available 2014-01-13T12:30:28Z
dc.date.created 2014
dc.date.issued 1980
dc.description Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1980. en_US
dc.description.abstract In die 20ste eeuse, gemanipuleerde wereld het die mens deur gebruikmaking van die berekende denke alles, selfs God, tot die beplanbare en berekenbare gedegradeer, danksy die hulp van die moederwetenskap, naamlik die kubernetika. Hierdie heillose toestand spruit voort uit die metafisika en die nihilisme wat ten nouste daarmee saamhang. Die oorsprong van die metafisika kan, volgens Heidegger, teruggevoer word tot by Plato, toe daar langs die weg van die denke opklimmend gedink is vanuit die syndes tot by die Idee van die Goeie as die hoogste waarde en synde. Hierdie toestand het in die Westerse denke voortgeduur tot met Nietzsche wat die waardes, wat oor al die eeue gegeld het, as waardeloos uitgewys het. God, as hoogste waarde is dood verklaar. Nietzsche was die springstof wat die huis van die waardes in duie geskiet en 'n eksistensiele vakuum agtergelaat het. In die nuwe waardestruktuur, wat na Nietzsche ontstaan het, het die magsbeginsel baie sterk na vore gekom. Die magsmens of Ubermensch strewe alleen na die voltrekking van sy eie wil, want hy kan nie verdra dat hy nie self god is nie, daarom is die grootste gevaar in die mondige wereld vandag nie die atoombom, die oorbevolking, die wereldhonger, die Kommunisme of Amerikanisme nie, maar die feit dat die mens van sy eie wese vervreemd geraak het en sodoende 'n verduisterde bestaan voer. Die mondige mens, die magsmens en die narsistiese mens is die tegnies Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2013 306. gemanipuleerde mens wat deur gebruikmaking van die wetenskap en die tegniek alles wil manipuleer,tot sy eie menswees ook. Hierdie gemanipuleerde bestaan het 'n siek wereld ten gevolg wat siektesimptome soos die krisissindroom, die manipulasiesindroom, die veranderingsindroom, die toekomssindroom, ens. openbaar. Die narsistiese mens besef egter nie hierdie gevaar nie, tewens is van oordeel dat hy homself langs hierdie weg bevry van onnodige en lastige bindinge. Om hierdie rede beskryf Heidegger hierdie toestand as heilloos en gevaarlik waar die nood, die wereldnood, op sy grootste is. Volgens Heidegger kan geen aardse mag, staatsman of owerheid, van watter aard ook al, 'n ommekeer in hierdie rampspoedige weg bring nie. Dit is juis teen hierdie agtergrond dat die denke van Heidegger en die ander Kehre-denkers gesien moet word. Daar is vandag baie groat geleerdes maar min werklike groat denkers en Heidegger kan beskou word as die herout van 'n totaal nuwe denkrigting wat as die besinnende denke omskryf kan word. Volgens Heidegger is die vraag nie soseer wat moet gedoen word om aan die heillose toestand te ontkom nie, maar eerder: hoe moet daar gedink word? Die magsmens het verleer om besinnend en waarheidsoekend te dink. Heidegger wil die gemanipuleerde mens, wat baie weet van orgaanoorplantings en ruimtereise, maar vir homself geen raad het met sy eie sinlose, koerslose en narsistiese bestaan nie, op die denkweg van bes inning p 1 aas. Die magsmens of Vbermensch het verl e,er om nederig te wees, om die misterie en die wonder raak te sien, daarom moet hy gekonfronteer word met ondenkbare denkdieptes want in die mate wat die mondige mens die ondenkbare, o.a. die Syn, 11 dink" sal hy noodwendig 'n korrektief op sy eie wese aanbring; sal hy hom afkeer van die. gemanipuleerde bestel en hom toekeer tot die Syn, wat die oord is waar die HeiZige en God miskien weer raakgesien en aangehoor kan word. Hierdie omkering, al dan nie, is lewensbelangrik want dit, meer as iets anders, sal bepaal wat van hierdie wereld gaan word. Intussen bly die mens die slagveld waar die veldslag om die waarheid gevoer word. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Philosophy en_US
dc.description.librarian gm2013 en_US
dc.identifier.citation Pienaar, JJ 1980, 'Die Kehre-Denke by O.A. Heidegger en die Agogiese betekenis daarvan', DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd<> en_US
dc.identifier.other D13/9/1198 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32976
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1980 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject O.A. Heidegger en_US
dc.subject Agogiese en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die Kehre-Denke by O.A. Heidegger en die Agogiese betekenis daarvan en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record