Coert Steynberg se vertolking en uitbeelding van Paul Kruger

Show simple item record

dc.contributor.advisor Ferreira, O.J.O. (Ockert Jacobus Olivier), 1940-
dc.contributor.postgraduate Lugtenburg, A
dc.date.accessioned 2013-11-25T12:55:49Z
dc.date.available 2013-11-25T12:55:49Z
dc.date.created 1989-04-05
dc.date.issued 1989
dc.description Dissertation (Hons.)--University of Pretoria, 1989. en_US
dc.description.abstract Die probleemstelling in hierdie skripsie en die hipotese wat gemaak word sentreer random die beeldhouer Coert Steynberg, die Krugerkop en die jarelange polemiek random hierdie saak. Die hipotese wat bewys moet word is dat Coert Steynberg as gevolg van die jarelange polemiek random die president S.J.P. Kruger Monument in die Kruger-wildtuin 'n proses van introspeksie en geestelike verdieping ondergaan het. Hierdie geestelike verdieping het gelei tot 'n bewuste diep deurdagte vertolking van Paul Kruger as gevolg waarvan Coert Steynberg sy beste beeldhouwerke geskep het. 'n Sinvolle bespreking van Coert Steynberg en sy siening van Paul Kruger kan alleen gedoen word deur sisternatiese analise van aspekte waaraan in die volgende hoofstukke aandag gegee is: Hoofstuk II: 'n Kort lewensbeskrywing van Coert Steynberg, die beeldhouer, word geskets in die konteks van sy tyd. Deur sy historiese gesitueerdheid is Coert Steynberg noodwendig betrokke met die opkoms van 'n nasionale bewussyn en die behoefte aan monumente. Coert Steynberg is dan die logiese keuse om die Afrikaner Volksbeeldhouer by uitstek te word. Hoofstuk III: President S.J.P. Kruger as politieke leier en as die vader van natuurbewaring word deur die Afrikaans- en Engels sprekende bevolkingsgroepe as gevolg van bulle verskillende geskiedbeskouinge verskillend en meestal teenstrydig geinterpreteer. Paul Kruger is vir vele 'n enigma en 'n histories omstrede figuur. Alleen aan die geskiedbeelde van die blanke bevolkingsgroepe word aandag gegee omdat die swart geskiedskrywing in konteks van hierdie skripsie nie relevant is nie. Hoofstuk IV: Coert Steynberg se uitbeelding van pres. Kruger word kronologies behandel; dit wys sy betrokkenheid vanaf sy jeug met Paul Kruger en weerspieël sy heldeverering van Paul Kruger, die gevoel wat die Afrikaner vir sy volkshelde koester. Hoofstuk V: Die voorspel tot die Krugerkop uit die koppie word geskets. Die reuse Krugerkop is die oorsaak van die jarelange polemiek. Die polemiek wys die algehele betrokkenheid van die blanke bevolking wat telkemale beswaar maak teen die reusekop omdat dit die natuur sal skend en esteties onaanvaarbaar is. Egter die grootste faktor wat bydra tot die vurige drif is die omstrede figuur van pres. Kruger. Die reaksie van Coert Steynberg op die polemiek en in die besender op die gevoelens wat oor Kruger geopenbaar word kom tot uiting in sy skeppinge van Paul Kruger. In die laaste deel van hierdie hoofstuk word die verskillende stadia van die Pres. S.J.P. Kruger Monument by die Paul Kruger-hek van die Kruger-wildtuin bespreek. Hoofstuk VI: Nadat bogenoemde aspekte in aanmerking geneem is, sal daar ten slotte tot 'n slotsom gekom word of bogenoemde hipotese bewys is. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.department Historical and Heritage Studies en_US
dc.description.librarian gm2013 en_US
dc.identifier.citation Lugtenburg, A. 1989, Coert Steynberg se vertolking en uitbeelding van Paul Kruger, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32597> en_US
dc.identifier.other E13/9/1101/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32597
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights ©1989 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Paul Kruger en_US
dc.subject Vertolking en uitbeelding en_US
dc.subject Coert Steynberg-museum en_US
dc.subject Kunsbesit van die Coert Steynberg-trust en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Coert Steynberg se vertolking en uitbeelding van Paul Kruger en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record