In Suid-Afrika is beperkte navorsing gedoen oor onderwysers se reflektiewe klaskamerpraktyk.
Die artikel het dus ten doel om die gehalte en inhoud van wiskundeonderwysers se refleksie of
besinning oor ’n les binne die konteks van lesstudie te ondersoek. Die spesifieke doel van hierdie
studie was om ondersoek in te stel na die gehalte en inhoud van vyf wiskundeonderwysers
se besinning of refleksie voor, tydens en nadat ’n les aangebied is. Die vyf onderwysers (twee
manlik en drie vroulik) het gesamentlik oor hul eie sowel as hul kollegas se wiskundeonderrig
besin. Die onderwysers is doelbewus geselekteer om aan die studie deel te neem. Kwalitatiewe
data is uit onderhoude, lesplanne, klaskamerwaarnemings en reflektiewe skryfwerk of
geskrifte versamel. Daar is bevind dat al die wiskundeonderwysers agterna verbaal en
skriftelik oor hul optrede besin het, terwyl drie van die onderwysers tydens optrede oor
onderrig gereflekteer het. Die ontleding van hul lesplanne het geen bewyse van besinning vóór
optrede (reflect-for-action) gelewer nie, met ander woorde die betrokke onderwysers het nie met
die oog op toekomstige optrede besin nie. Twee onderwysers het wel krities oor hul leerders
se verstaan van wiskunde en oor hul eie onderrig van begrippe besin. Aangesien hulle lede
van die lesbestuderingsgroep was, het dit geblyk dat die hele ervaring ’n kontekstuele faktor is
wat hierdie onderwysers se besinning op ’n positiewe wyse beïnvloed het. Die onderwysers se
ontoereikende taalvaardighede en hul onvermoë om basiese wiskundige begrippe behoorlik
te verbaliseer, het hul reflektiewe praktyk skynbaar egter negatief beïnvloed.
Not much research has been done on mathematics teachers’ reflective practice in
South Africa. This article reports on the quality and content of mathematics teachers’ reflections
on a lesson within the context of lesson study. The aim of the study was to investigate the
quality and content of five mathematics teachers’ reflections before, during and after teaching
a lesson. The five teachers (two males, three females) reflected collaboratively on their own
as well as on their colleagues’ teaching of mathematics. The teachers were selected purposely
to participate in the study. Qualitative data were gathered using interviews, lesson plans,
classroom observations and reflective writings. The findings indicated that whereas all the
mathematics teachers reflected on-action verbally and in writing, three of the teachers reflected
in-action while teaching. Based on lesson plan analysis, there was no evidence that these
teachers reflected for-action. Two teachers reflected critically on their learners’ understanding
of mathematics and their own teaching of concepts. Being a member of the lesson study group
experience emerged as a contextual factor that seemed to influence these teachers’ reflections
in a positive way. However, the teachers’ inadequate linguistic skills and inability to verbalise
basic mathematical concepts properly seemed to influence their reflective practice negatively.