Eensaamheid, alleenheid, vryheid : Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto ("Frei aber einsam") en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe

Show simple item record

dc.contributor.author Van der Mescht, Heinrich Hermann
dc.date.accessioned 2013-11-01T11:54:27Z
dc.date.available 2013-11-01T11:54:27Z
dc.date.issued 2013-08
dc.description.abstract Volgens Dahlberg (2007) kan eensaamheid beteken om sonder ander mense te wees, of alleen te voel tussen ander mense, maar ook om rustig en kreatief te voel binne jou eie eensaamheid. Laasgenoemde kan alleenheid (solitude) genoem word. Dit is bekend dat die beroemde violis Joseph Joachim die begrip "Frei aber einsam" ("Vry, maar eensaam") as lewensmotto aanvaar het. Daarby was dit vir die skrywer van hierdie artikel uiters opvallend dat die begrippe eensaamheid en vryheid opmerklik dikwels in Karel Schoeman se roman Hierdie lewe voorkom. Hierdie konsepte word in die artikel op die lewens van Joachim en Schoeman en op sy roman Hierdie lewe toegepas. Die doel van die artikel is dus om verbande tussen twee wyd uiteenlopende kunstenaars en kunswerke uit twee verskillende eeue te probeer vind. In Oktober 1853 het Schumann, Dietrichen Brahms hulle buitengewone, gesamentlike F-A-E-sonate in Düsseldorf as verrassing vir Joachim aangebied. Hierdie kunstenaars (asook Clara Schumann) was hegte vriende en was bewus van Joachim se lewensmotto "Frei aber einsam" (afgekort tot die letters F-A-E). Hierdie letters kan in die musiektoonhoogtes F, A en E omgesit word en dus as 'n motief in musiekkomposisies ingesluit word. Uit 'n ontleding van Joachim se lewe en sy briewe kan afgelei word dat hy dikwels intens eensaam gevoel het. Die feit dat hy as Jood en Hongaar gebore is en hom in 'n hoofsaaklik Christelike Duitssprekende wêreld bevind het, het ook tot sy gevoel van buitestanderskap bygedra. Schoeman se werk word gekenmerk deur karakters wat dikwels oorweldigend eensaam is. Hy skryf in sy outobiografie, Die laaste Afrikaanse boek (2002), geredelik oor sy eie eensaamheid en alleenheid, maar ook oor sy vryheid. Hierdie gevoelens word weerspieël in sy roman Hierdie lewe (1993), waarin 'n ou vrou op haar sterfbed terugdink aan haar lewe op 'n afgeleë plaas. Sy oordink haar eensaamheid en alleenheid, maar ook die vryheid wat sy aan die einde van haar lewe ondervind. Sy is eensaam, maar vry (E-A-F - "Einsam aber frei"); dus in die omgekeerde volgorde van Joachim se lewensmotto. Op hierdie manier hou die inhoud van die roman op verrassende wyse verband met Joachim se F-A-E-motto. af
dc.description.abstract It is a well-known fact that the famous violinist Joseph Joachim (1831-1907) adopted the words "Frei aber einsam" ("Free, but lonely") as his personal life motto. When reading Karel Schoeman's Afrikaans novel Hierdie lewe (This life), the author of the article found it extremely apparent that the concepts of loneliness and freedom are often referred to. Karel Schoeman's Afrikaans novel Hierdie lewe (1993, published in English as This Life, 2005 and in French as Cette vie, 2009) has received much attention and was awarded the prestigious Hertzog Prize for Afrikaans literature in 1995. Schoeman (born 1939) had also won the prize in 1970 and 1989. Many aspects of the novel have been analysed, and a book on Schoeman's oeuvre, Sluiswagter by die dam van stemme: beskouings oor die werk van Karel Schoeman (Lock-keeper at the dam of voices: reflections on the work of Karel Schoeman), edited by Burger and Van Vuuren, appeared in 2002. For the cover page of this book Schoeman chose Caspar David Friedrich's painting of the lonely monk at the sea (Der Mönch am Meer, 1808-10; Nationalgalerie, Berlin). Van der Mescht (2005) published an article on the correspondences between the novel and the paintings of Friedrich (1774-1840). The present article endeavours to determine possible congruities between the use of the motto (Frei aber einsam - Free but lonely) in the personal and artistic life of the famous violinist Joseph Joachim and the application of the concepts of loneliness and solitude (eensaamheid and alleenheid respectively in Afrikaans) and freedom (vryheid) in Schoeman's life and in his novel Hierdie lewe. Why was this musical motif important to Joachim and what did he understand by this motto? What can be deduced from Joachim's and Schoeman's lives about what these words meant to them? The article therefore aims to establish correspondences between two significantly different works of art from two different centuries. The concepts of loneliness and freedom were also investigated in Schoeman's autobiographical Die laaste Afrikaanse boek (The last Afrikaans book, 2002), which, on publication, caused great surprise, as Schoeman is known to be a very private person. en
dc.description.librarian am2013 en
dc.description.librarian gm2013
dc.description.uri http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news&cat=201&cause_id=1270 en_US
dc.identifier.citation Van der Mescht, H 2013, 'Eensaamheid, alleenheid, vryheid : Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto ("Frei aber einsam") en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe', Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, vol. 10, no. 2, pp. 165-196. af
dc.identifier.issn 1995-5928
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32248
dc.language.iso Afrikaans en
dc.publisher LitNet en
dc.rights LitNet en
dc.subject Alleenheid af
dc.subject Johannes Brahms en
dc.subject Albert Dietrich en
dc.subject Eensaamheid af
dc.subject F-A-E-motief af
dc.subject F-A-E-sonate af
dc.subject Hierdie lewe af
dc.subject Joseph Joachim en
dc.subject Lewensmotto af
dc.subject Karel Schoeman en
dc.subject Robert Schumann en
dc.subject Clara Schumann en
dc.subject Vryheid af
dc.subject Johannes Brahms en
dc.subject Novel Cette vie en
dc.subject F-A-E motif en
dc.subject Freedom en
dc.subject Life motto en
dc.subject Novel Hierdie lewe af
dc.subject Joseph Joachim en
dc.subject Loneliness en
dc.subject Clara Schumann en
dc.subject Solitude en
dc.subject Novel This life en
dc.title Eensaamheid, alleenheid, vryheid : Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto ("Frei aber einsam") en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe af
dc.title.alternative Loneliness, solitude, freedom : Joseph Joachim's F-A-E life motto ("Frei aber einsam") and Karel Schoeman's novel Hierdie lewe (1993) en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record