In die teenwoordigheid van outisme : 'n moeder se verkenning van emosionele intelligensie in haar lewensverhaal

Show simple item record

dc.contributor.advisor Lubbe-De Beer, Carien
dc.contributor.postgraduate Du Preez, Hannelie
dc.date.accessioned 2013-09-09T12:08:08Z
dc.date.available 2010-08-27 en
dc.date.available 2013-09-09T12:08:08Z
dc.date.created 2010-04-29 en
dc.date.issued 2010-08-27 en
dc.date.submitted 2010-08-27 en
dc.description Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2010. en
dc.description.abstract Die rasionaal vir onderhawige studie was aan die hand van narratiewe navorsingsmetodes om insig en begrip te verwerf oor wat dit beteken om die moeder te wees van 'n seun met outisme. Ek (navorser) en die moeder (deelnemer) het verskeie data-inwinning-aktiwiteite aangewend, byvoorbeeld haar lewensverhaal, waarin ek en die moeder emosionele intelligensie komponente geïdentifiseer het met die verdere doel om haar belewinge van outisme te interpreteer. 'n Narratiewe navorsing-ontwerp, wat gebaseer is op interpretavistiese en konstruktivistiese paradigmata, kan dus die betekenisvolle emosies en ander belewinge van die moeder akkuraat interpreteer en kommunikeer oor wat dit beteken om 'n moeder te wees van 'n seun met outisme. In hierdie studie maak ek as navorser gebruik van 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering met 'n narratiewe navorsings-ontwerp, waarin 'n multimetode benadering tot data-insameling aangewend word, met die doel om die belewinge van die moeder in die vorm van 'n lewensverhaal saam te vat. Die data-inwinning-strategieë wat aangewend is het gepoog om in-diepte, ryk en persoonlike verhaal-inhoude te genereer. Die volgende aktiwiteite is gebruik : 'n informele onderhoud, herinneringsboek (collages, staaltjies, lewenslyn en metafore), en 'n intellektuele bespreking van emosionele intelligensie. Die moeder het kollaboratief deelgeneem tydens die identifisering van emosionele intelligensie komponente in haar lewensverhaal. Dit was belangrik om deurlopend kollaboratiewe besprekinge met die moeder te skeduleer, aangesien haar insae met betrekking tot die wyse waarop die data georganiseer, geanaliseer en geïnterpreteer word verband hou met haar interpretasies van outisme en die verkenning van haar belewinge aan die hand van Bar-On (2003) se emosionele intelligensie komponente. Die betekenisvolle belewinge wat op grond van die moeder se verhaal-inhoude, in samehang met haar geïdentifiseerde emosionele intelligensie komponente, bespreek word, dui daarop dat die moeder 'n optimistiese, realistiese en intro-spektiewe uitkyk het met betrekking tot ouerskap en opvoeding. Dit kan as verantwoordbaar beskou word as ek as navorser dit stel dat die moeder begrip en insig demonstreer ten opsigte van die hindernis waarmee haar seun leef. Die moeder som haar belewing van outisme die beste op met die inspirerende aanhaling van Emily Pearl Kingsley: “Say goodbye to the child you wanted, or else your focus will never be with the child you have.” en
dc.description.abstract ENGLISH : The rationale for this study was to gain a better understanding of what it means to be the mother of a child with autism, through the use of narrative research accounts. The mother (participant), and I (researcher) furthermore utilized the sources of collected data, such as her life story, to identify components of emotional intelligence with the purpose of additional interpretation. A narrative research design, firmly rooted in an interpretivist and constructivist paradigm, should therefore serve to accurately interpret the significant emotions and other lived-experiences that a mother attaches to living with a child that has been diagnosed with autism. A multi-method approach, directed by a qualitative research approach and a narrative research design, was followed in an attempt to capture the mother‘s experiences and life story. Data collection strategies employed to generate an in-depth, rich and personal life story consisted of the following activities: an informal interview, memory box (collages, anecdotes, life line, and methaphors) and an intellectual discussion regarding emotional intelligence. The mother also participated in a collaborative discussion to identify emotional intelligence components relevant to her life story. Further collaboration and discussion with the mother were required to ensure that the data were organised, analysed and interpreted according to the mother‘s lived-experiences of autism, along with her emotions that were identified on the basis of Bar-On‘s (2003) emotional intelligence components. The meaningful findings drawn from the mother‘s narratives (in relation to the identified emotional intelligence components) suggest that the mother demonstrates an optmistic, realistic and introspective view on parenting. It can be regarded as accountable for me as researcher to state that the mother displays an educated an comprehensive understanding of the disability with which her child is living. The mother perhaps best summarises her experiences of autism in the words of Emily Pearl Kingsley‘s inspirational words: “Say goodbye to the child you wanted, or else your focus will never be with the child you have.”
dc.description.availability Unrestricted en
dc.description.department Educational Psychology en
dc.identifier.citation Du Preez, H 2009, In die teenwoordigheid van outisme : 'n moeder se verkenning van emosionele intelligensie in haar lewensverhaal,(Afrikaans), MEd dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08272010-202318/ > en
dc.identifier.other E10/359/gm en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08272010-202318/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/31210
dc.language.iso Af en
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2009, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject Constructivism en
dc.subject Konstruktivisme en
dc.subject Interpretivism en
dc.subject Interpretivisme en
dc.subject Generate en
dc.subject Genereer en
dc.subject Interpret en
dc.subject Interpreteer en
dc.subject Emotional intelligence components en
dc.subject Emosionele intelligensie komponente en
dc.subject Live-experiences en
dc.subject Belewinge en
dc.subject Lewensverhaal en
dc.subject Lifestory en
dc.subject The mother en
dc.subject Die moeder en
dc.subject 'n kind a child en
dc.subject Outisme en
dc.subject Autism en
dc.subject Narratiewe navorsing en
dc.subject Narrative research en
dc.subject Verhaal-inhoude en
dc.subject Story-contents en
dc.subject Herinneringsboek en
dc.subject Memory-box en
dc.subject Gesin en
dc.subject UCTD en
dc.title In die teenwoordigheid van outisme : 'n moeder se verkenning van emosionele intelligensie in haar lewensverhaal en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record