Versameling gedigte : 'n ondersoek na die Nuwe stemme-reeks as forum vir ontluikende digters

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Afrikaanse uitgewers ontvang dikwels manuskripte waarin ’n paar gedigte met meriete voorkom, maar wat nie genoeg gedigte bevat om ’n solo-bundel te regverdig nie. Volgens D.J. Opperman was ’n vorm van publikasie tussen tydskrif en eerste bundel nodig om sodoende die jong digter groter blootstelling te bied. Hierdie idee het gelei tot die publikasie van die twee Stiebeuel-bundels en die Visier-versameling. In 1997 publiseer Tafelberg die eerste uitgawe van Nuwe Stemme, en sedertdien het drie ander uitgawes die lig gesien. Veertien poësie-debute het tot dusver gespruit uit die Nuwe Stemme-bundels, waarvan vyf met die Ingrid Jonker-prys vir ’n poësiedebuut bekroon is. Die Eugène Marais-prys is aan vier van die debuutbundels toegeken. Hierdie studie beoog om die sukses van die Nuwe Stemme-reeks as forum vir ontluikende digters te bepaal aan die hand van die aantal digters wat debuteer na hul opname in ’n Nuwe Stemme-volume, die pryse wat hierdie poësie-debute ontvang het, asook die leser, of resensent, se reaksie op die tekste.
Publishers of Afrikaans poetry often receive manuscripts of merit but which do not contain enough poems to justify a solo volume. According to D.J. Opperman, a form of publication between literary journal and a first volume of poetry was required, thereby giving the young poet more exposure and recognition for their work. This idea led to the publication of an anthology of unpublished poets: the two Stiebeuel volumes as well as the Visier collection. In 1997 Tafelberg published the first collection of Nuwe Stemme, since then three more volumes have been published. A total of fourteen poets have debuted following their inclusion in a Nuwe Stemme volume. The Nuwe Stemme volumes have generated five Ingrid Jonker prizes for a poetry debut and four Nuwe Stemme debuts were awarded the Eugène Marais prize. The aim of this study is to investigate the success of the Nuwe Stemme series as forum for upcoming poets. The number of debuts and the prizes received will serve as indicators of the series’ success, as well as its reception by the public, who in this study, is represented by the critic.

Description

Mini-dissertation (MA)--University of Pretoria, 2012.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Judels, C 2012-08-27, 'n versameling gedigte 'n ondersoek na die Nuwe stemme-reeks as forum vir ontluikende digters, MA Mini-Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/31177>