Narratiewe van die self in die Boeregemeenskap tydens die Suid-Afrikaanse grondhervormingsproses na 1994 (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Pauw, Annalie en
dc.contributor.advisor Du Preez, Elizabeth en
dc.contributor.postgraduate Du Toit, Petronella Cornelia en
dc.date.accessioned 2013-09-07T18:55:20Z
dc.date.available 2008-12-15 en
dc.date.available 2013-09-07T18:55:20Z
dc.date.created 2008-09-05 en
dc.date.issued 2008-12-15 en
dc.date.submitted 2008-12-15 en
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2008. en
dc.description.abstract AFRIKAANS : Hierdie studie behels drie narratiewe wat gekonstrueer is uit onderhoude met boere wat die boerdery na 1994 verlaat het. Die fokus van die studie is om die private en openbare diskoerse wat ’n konteks skep vir boere om die boerdery te verlaat, te identifiseer. Daar is tans ’n eksodus van boere uit die landbou. Hierdie tendens skep ’n konteks vir destabilisasie van die platteland en beïnvloed al die betrokke rolspelers. Tog is min of geen navorsing in die sielkunde oor die belewenisse van hierdie groep mense onderneem nie. Die navorsing is uitgevoer vanuit ’n sosiale konstruksionistiese benadering wat binne die postmoderne diskoers geanker is. ’n Diskoersanalise is uitgevoer op die teks van drie navorsingsdeelnemers wat nog tot onlangs toe geboer het, maar intussen hul narratiewe moes rekonstrueer. Die unieke betekenis wat deur die navorsingsteks gekonstrueer word, is dat die verduidelikende lokus vir menslike gedrag vanaf die klassieke fokus op persoonlike belewenisse en verstandelike prosesse wat binne individue gesetel is, na ’n fokus op prosesse en strukture van menslike interaksie verskuif. Die navorsingsteks beskik dus oor die vermoë om ’n bewustheid by sielkundiges en verwante beroepe te konstrueer om vanuit ’n nuwe perspektief na die sielkundige diskoers te kyk. In hoofstuk een deel ek my eie boerderynarratief met die leser en stel die navorsingsvraag bekend. In hoofstuk twee word die konteks waarbinne boerdery in Suid-Afrika gesitueer is, aan die hand van ’n literatuurstudie uiteengesit. Dit word in hoofstuk drie opgevolg met ’n verduideliking van die paradigmatiese vertrekpunt, naamlik sosiale konstruksionisme. Diskoersanalise wat as ’n metode gebruik word om die teks te eksploreer word ook bespreek. Met hierdie agtergrond in gedagte word daar in hoofstuk vier oorgegaan na die fokus van die navorsing, naamlik die eksplorasie van teks. ’n Diskoersanalise is op die teks van drie navorsingsdeelnemers gedoen. Diskoerse wat in die proses geïdentifiseer is, sluit die volgende in: gesin-van-oorsprong-diskoers; beroepsdiskoers; politieke diskoers; misdaad-diskoers; ekonomiese diskoers; stoettelersdiskoers; middelman-diskoers; patriargale diskoers; ouderdomsdiskoers; beleggingsdiskoers; biomediese diskoers; opvoedingsdiskoers; die koöperasie as ’n instelling; sowel as diskoerse wat in die pers gevoer word. Hierdie diskoerse vorm saam die konteks waarbinne boere besluite oor hul toekoms neem. Die bevindings word nie as die waarheid hanteer nie, maar as die waarheid wat deur taal en magsverhoudings in stand gehou word. U word genooi om verder te lees en die sentrale posisie wat taal beklee in die skepping van die realiteit van die mens se bestaan, en in die konstruering van die navorsingsnarratief, vir uself te ontdek. ENGLISH : This study comprises three narratives that were constructed from interviews conducted with farmers who had given up farming after 1994. The focus of the study is to identify the private and public discourses that create a context for farmers to give up farming. Currently, an exodus of farmers is taking place from agriculture. This trend creates a context for the destabilisation of rural areas and affects all parties involved. However, in the field of psychology little research, if any, has been conducted into the experiences of this group of people. The research was conducted from a social constructionism approach anchored in the postmodern discourse. A discourse analysis was done of the text of three research participants who had been farming until recently, but who since had to reconstruct their narratives. The unique meaning constructed by the research text is that the explanatory locus of human behaviour has moved away from the classic focus on personal experiences and mental processes residing in individuals, to a focus on processes and structures of human interaction. The research text has the potential of constructing awareness among psychologists and related professions to view the psychological discourse from a new perspective. In chapter one I share my own farming narrative with the reader and introduce the research question. Chapter two comprises the context in which the farming industry is situated in South Africa based on a study of relevant literature. That is followed by an explanation of the paradigmatic point of departure known as social constructionism in chapter three. Discourse analysis is also discussed as a method used to explore the text. Bearing this in mind, chapter four moves on to the research focus, that is the exploration of text. A discourse analysis was done of the text of three research participants. Discourses identified in the process include the following: family-of-origin discourse; career discourse; political discourse; crime discourse; economic discourse; stud-farming discourse; middleman discourse; patriarchal discourse; age discourse; investment discourse; bio-medical discourse; educational discourse; the cooperative as an institution; as well as discourses conducted in the press. Together these discourses form the context within which farmers make decisions about their future. The findings are not dealt with as the truth, but as the truth maintained in language and relationships of power. You are invited to read on and to discover for yourself the central position which language holds in creating the reality of man’s existence and in constructing the research narrative. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Psychology en
dc.identifier.citation 2007 en
dc.identifier.other E1159/gm en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-12152008-105521/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/30386
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights ©University of Pretoria 2007 E1159/ en
dc.subject Psychologist en
dc.subject Farm abandonment en
dc.subject Farming community en
dc.subject Storie en
dc.subject Discourse analysis en
dc.subject Diskoers en
dc.subject Kwalitatiewe navorsing en
dc.subject Private discourse en
dc.subject Public discourse en
dc.subject Self-narrative en
dc.subject Story en
dc.subject Discourse en
dc.subject Qualitative research en
dc.subject Private diskoers en
dc.subject Openbare diskoers en
dc.subject Diskoersanalise en
dc.subject Boeregemeenskap en
dc.subject Plaasverlating en
dc.subject Sielkundige en
dc.subject Landbou en
dc.subject Social constructionism en
dc.subject Postmodernism en
dc.subject Agriculture en
dc.subject Sosiale konstruksionisme en
dc.subject Postmodernisme en
dc.subject Selfnarratief en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Narratiewe van die self in die Boeregemeenskap tydens die Suid-Afrikaanse grondhervormingsproses na 1994 (Afrikaans) en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record