Tweedimensionele generatorfunksie vir die vektorkardiogram vir gebruik in volumegeleidingsmodelle van die toraks

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Geldenhuys, T.A.
Joubert, M.
Viljoen, Suretha
Hanekom, Tania

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap & Kuns

Abstract

An electrocardiogram (ECG) measures the electrical activity of the heart on the surface of the skin. Volume conduction models of the thorax can be designed to simulate such measurements. However, to drive such simulations a generator function is required to describe the electrical activity of the heart. Although such simulations, varying in complexity, are discussed in literature, there is a need for a simplified, though comprehensive approach that can be used as a concise introduction to this topic, or for cases where one is primarily interested in first-order approximations of this problem. In this article an overview of the vector interpretation of the ECG, also known as a vectorcardiogram (VCG), is presented in the two-dimensional frontal plane of a human. The derivation of the equivalent electric dipole (i.e. the cardiac vector) from the VCG, which can be used as a current-source generator function for volume conduction model simulating the ECG, is discussed. A procedure for implementing such a volume conduction model with the finite element technique, using this simplified two-dimensional generator function, is discussed and the results are presented. The general features observed in recorded ECG leads agree with those predicted by this simple model. AFRIKAANS: 'n Elektrokardiogram (EKG) meet die elektriese aktiwiteit van die hart op die veloppervlak. Volumegeleidingsmodelle van die toraks kan ontwerp word om hierdie metings te simuleer. 'n Generatorfunksie, wat die elektriese aktiwiteit van die hart beskryf, word benodig om hierdie simulasies aan te dryf. Hoewel soortgelyke simulasies van variërende kompleksiteit in die literatuur bespreek word, is daar 'n behoefte aan 'n vereenvoudigde, dog omvattende benadering wat kan dien as inleiding tot die onderwerp of vir gevalle waar 'n eerste-orde-benadering tot die probleem voldoende is. In hierdie artikel word 'n oorsig gegee oor die vektorinterpretasie van die EKG, ook bekend as 'n vektorkardiogram (VKG), in die tweedimensionele menslike frontale vlak. Die afleiding van die ekwivalente elektriese dipool (met ander woorde die kardiale vektor) vanaf die VKG, wat gebruik kan word as 'n stroombron-generatorfunksie vir volumegeleidingsmodelle wat die EKG simuleer, word bespreek. 'n Prosedure om so 'n volumegeleidingsmodel met die eindige-element-tegniek te implementeer en die vereenvoudigde tweedimensionele generatorfunksie te gebruik, sowel as die resultate daarvan, word bespreek. Die algemene kenmerke van gemete EKG-afleidings stem ooreen met dié wat deur die eenvoudige model voorspel word.

Description

Keywords

Generatorfunksie, Vektorkardiogram, Volumegeleidingsmodelle, Toraks

Sustainable Development Goals

Citation

Hanekom, T, Viljoen, S, Joubert, M & Geldenhuys, TA 2006, 'Tweedimensionele generatorfunksie vir die vektorkardiogram vir gebruik in volumegeleidingsmodelle van die toraks', Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 25, no. 3, pp.127-137. [http://www.journals.co.za/ej/ejour_aknat.html]