Information communication technologies to enhance teaching and learning in higher education : a survey of teaching staff at Rhodes University

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Only an Afrikaans abstract is available. Die astronomiese ontwikkeling van informasie kommunikasie tegnologie (IKT) hou verreikende gevolge in vir elke lewensfeer in die twintigste eeu. Spesifiek op die terrein van produksie en oordrag van kennis, twee kernfunksies van hoer onderwys, hou IKT nie net ‘n bedreiging in vir die tradisionele wyse waarop hierdie kernfunksies vervul word nie, maar bied ook moontlik die uitdagings van toegang, koste, buigsaamheid en kwaliteit waarmee universiteite gekonfronteer word. Waar die toepassing van tegnologie in afstandsonderrig reeds help om bogenoemde uitdagings aan te spreek, is dieselfde resultate meer ontwykend in tradisionele residensiële universiteite soos Rhodes Universiteit. Verder is universiteite meer geneë om IKT in navorsing en administratiewe prosesse te gebruik, as in onderrig en leer. Hierdie opstel fokus dus op die behoeftes en verwagtings van onderrigpersoneel aan Rhodes Universiteit om IKT te gebruik om die onderig-en-leerproses te verryk. Die rasionaal vir die gebruik van IKT fokus op die veranderende omgewing waarin hoër onderwys fungeer, die veranderende konsepte van kennis en kennisproduksie, en die oënskynlike potensiaal van IKT om onderwys te verbeter. Daarteenoor word die wyse waarop IKT gebruik word bespreek teen die agtergrond van voorvereistes vir suksesvolle integrasie en praktiese toepassings van tegnologie in onderrig en leer.

Description

Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2009.

Keywords

Computer-assisted education, Educational technology, Computer-based education, Higher education, Information communication technology, Instructional technology, Information technology, Strategic technology planning, Technology-enhanced learning, Telematics, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Mostert, M 2000, Information communication technologies to enhance teaching and learning in higher education : a survey of teaching staff at Rhodes University, MEd dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/29779 >