Onderwyseresse se verwagtinge van tweede of addisionele taal graad R-leerders se kommunikasievaardighede in 'n bepaalde geografiese area van Bloemfontein (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Naude, Elsie en
dc.contributor.advisor Louw, Brenda en
dc.contributor.postgraduate Harmse, Ottilie Henriette en
dc.date.accessioned 2013-09-06T16:18:31Z
dc.date.available 2007-04-16 en
dc.date.available 2013-09-06T16:18:31Z
dc.date.created 2006-04-25 en
dc.date.issued 2007-04-16 en
dc.date.submitted 2007-04-16 en
dc.description Dissertation (Master of Communication Pathology)--University of Pretoria, 2007. en
dc.description.abstract Abstract in Afrikaans Onderwyseresse is dikwels onseker oor die wyse waarop hulle tweede of addisionele taal graad R-leerders behoort te onderrig. Gevolglik stel hulle dieselfde kommunikasie-eise en op dieselfde wyse aan tweede taal leerders as aan moedertaalleerders. `n Groot aantal Suid-Afrikaanse graad R-leerders se basiese interaktiewe taalvaardighede in Engels as onderrigtaal, is dikwels nie op peil aan die einde van graad R nie, omdat hulle nie Engels magtig is by toetrede tot graad R nie. Gevolglik kan hierdie leerders se kognitiewe akademiese taalvaardighede nie toereikend ontwikkel in Engels nie en beskik hulle nie aan die einde van graad R oor doeltreffende kommunikasievaardighede vir skool-gereedheid nie. Vir die doel van hierdie studie is daar spesifiek gefokus op graad R-onderwyseresse asook op leerders se kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. `n Transformerend-opeenvolgende ontwerp bestaande uit `n gemengde metodiek van kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings in drie fases is vir die uitvoer van die studie geselekteer. Fase een het bestaan uit `n literatuurstudie, vir fase twee is graad R-onderwyseresse as deelnemers geselekteer en by fase drie is data van fases een en twee met mekaar vergelyk. Data-insameling het deur middel van vraelyste, `n onderhoudskedule vir semi-gestruktureerde onderhoude, en `n skedule vir die fokusgroepbespreking geskied. `n Omvattende ontwikkelingsgebaseerde lys voorvereistes van kommunikasievaardighede (die lys), is in die literatuur vir spraak-taalpatologie geïdentifiseer asook kommunikasievaardighede wat deur die amptelike graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Resultate van fase twee het getoon dat graad R-onderwyseresse nie al die kommunikasievaardighede van graad R-leerders in ooreenstemming met die lys vereis het nie. Volgens fase drie se bevindinge het die onderwyseresse meer kommunikasievaardighede van leerders verwag as wat deur die graad R-kurrikulum geïmpliseer word. Die kliniese waarde van die studie is geleë in die feit dat riglyne verskaf word vir interaksie tussen graad R-onderwysers en leerders vir die fasilitering van taalontwikkeling by die leerders. Die navorsingsbevindinge beaam vorige bevindinge dat graad R-onderwysers kan baat by addisionele opleiding oor spraak-taalontwikkeling en kommunikasievaardighede vir skoolgereedheid. Hierdie addisionele opleiding kan gesamentlik volgens die model van samewerkende dienslewering deur die onderwysers en die spraak-taalterapeut beplan word. Die navorsingsresultate kan aangewend word as uitgangspunt vir toekomstige navorsing oor die problematiek wat deur hierdie navorsing geïdentifiseer is. Op grond van die gevolgtrekkings is kliniese implikasies en aanbevelings vir toekomstige navorsing geïdentifiseer. Die data wat tydens die navorsing ingesamel is, word as betekenisvol beskou vir die ontwikkeling van `n aanvullende program vir onderwysers om jong kinders se taalontwikkeling te fasiliteer. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Speech-Language Pathology and Audiology en
dc.identifier.citation Harmse, O 2006, Onderwyseresse se verwagtinge van tweede of addisionele taal graad R-leerders se kommunikasievaardighede in 'n bepaalde geografiese area van Bloemfontein (Afrikaans), Master dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/23976 > en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-04162007-164137/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/23976
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2006, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject `n tweede of addisionele taal en
dc.subject Kommunikasievaardighede en
dc.subject Skoolgereedheid en
dc.subject Samewerking en
dc.subject Intervensie. en
dc.subject Taalverwerwing en
dc.subject Graad r en
dc.subject Konsultant en
dc.subject Konsultasie en
dc.subject Kurrikulum en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Onderwyseresse se verwagtinge van tweede of addisionele taal graad R-leerders se kommunikasievaardighede in 'n bepaalde geografiese area van Bloemfontein (Afrikaans) en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record