Die sosialistiese simpatieë wat die skryfwerk van die Vlaamse outeur Walter van den Broeck
onderlê, skakel hom met die goed ontwikkelde tradisie van sosiaal betrokke literatuur
in Vlaandere. Sy roman Terug naar Walden, gepubliseer in 2009, is ’n herbesoek aan die
Waldenprojek van die Nederlandse hervormer en skrywer Frederik van Eeden (1860−1932).
Van den Broeck gee te kenne dat ’n heroorweging van die sosialistiese ideale wat Van Eeden
besiel het om nedersettings in Nederland en die VSA op die been te bring, geregverdig is
in die lig van die ekonomiese krisis wat in 2008 deur onbesonne kapitalistiese praktyke
veroorsaak is. In Terug naar Walden ontketen Ruler Marsh, die rykste man in die wêreld, ’n
globale finansiële krisis in weerwraak teen die kapitalistiese stelsel wat tot die ondergang
van sy ouers gelei het. Marsh keer terug na die Kempen in Vlaandere, sy familie se land
van herkoms. In ’n Heideggeriaanse bevestiging van die lokale, soos versinnebeeld deur die
veldpad, skakel Van den Broeck sy visie van die gemene (die gedeelde oftewel the common), ’n
konsep wat teoretici soos Michael Hardt en Antonio Negri in hul Empire-trilogie vanuit die
kommunistiese denke gerehabiliteer het, met ’n utopiese siening dat ’n stewiger band met die
land en die mense uit die eie kontrei ’n nuttige vertrekpunt mag wees vir die ontwikkeling
van lewensvatbare alternatiewe vir die kapitalisme.
The socialist sympathies that inform the writing of Flemish author Walter van den Broeck
align him with a well-established tradition of socially engaged writing in Flanders. In his
novel Terug naar Walden (Back to Walden), published in 2009, he revisits the Walden project of
the Dutch reformer and writer Frederik van Eeden (1860−1932). Van den Broeck suggests that
a reconsideration of the socialist ideals that inspired Van Eeden to establish settlements in the
Netherlands and the United States is warranted in the light of the economic crisis triggered by
unchecked capitalist practices in 2008. In Terug naar Walden Ruler Marsh, the richest man in the
world, unleashes a global financial crisis as a form of retaliation against the capitalist system
that ruined his parents. Marsh returns to the Kempen in Flanders where his family originated.
In a Heideggerean affirmation of the local as exemplified by the country road, Van den Broeck
articulates his vision of the common, that theorists Michael Hardt and Antonio Negri in their
Empire trilogy have attempted to salvage from communist thinking, with a utopian notion
that a stronger connection with the land and the people within one’s immediate environment
may provide a useful premise for the development of viable alternatives to capitalism.