Abstract:
Ons verantwoordbaarheid of toerekenbaarheid teenoor die staat en gemeenskap vir die
navorsing en onderrig wat ons doen, is redelik gevestig. Dit word egter in ’n groot mate deur ons
lewens- en wêreldbeskouinge beïnvloed (Cetina 2005–2006:7). Cetina (2005–2006:8) onderskei
tussen drie ‘vorms’ van verantwoordbaarheid, te wete etiese of filosofiese verantwoordbaarheid,
maatskaplike verantwoordbaarheid en produktiewe verantwoordbaarheid. Whitty (2008:11)
brei hierdie dimensies verder uit en voeg aspekte soos regsverantwoordbaarheid, interne
verantwoordbaarheid en kontraktuele verantwoordbaarheid by tot die lys.