JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note, we are experiencing high volume submissions; you will receive confirmations of submissions in due course. Data upload (DOI): https://researchdata.up.ac.za/ UPSpace: https://repository.up.ac.za/handle/2263/51914
Die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Wet 28
van 2002, het grondeienaars van hulle eiendomsreg ten aansien van
onontginde minerale en petroleum produkte ontneem en bepaal nou dat
minerale en petroleum hulpbronne “die gemeenskaplike erfenis van die hele
bevolking van Suid-Afrika” is met die Staat as die bewaarder daarvan.
Prospekteer- en mynregte ten aansien van “ongebruikte ou orde regte” en
met betrekking tot die oorskakeling van “ou orde prospekteerregte” en “ou
orde mynregte” na “nuwe orde” prospekteer en/of mynregte is onderworpe
gestel aan ingrypende tydsbeperkings en veeleisende substantiewe
voorwaardes wat deur die Minister van Minerale en Energie Aangeleenthede
goedgekeur moet word. Terwyl die Staat in die verlede prospekteer- en
mynregte gereguleer het, hoofsaaklik met die doel om veiligheid en
omgewingsbewaring te bevorder, het die wetgewer nou streng vereistes
gestel vir die vergunning van prospekteer en/of mynregte omdat dit eienaar
geword het van minerale en petroleum hulpbronne – òf as personifikasie van
“die bevolking van Suid-Afrika” òf as ’n openbare trustee van “die erfenis van
die hele bevolking van Suid-Afrika”.
Artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika maak ’n
onderskeid tussen ontneming van eiendom, wat nie die betaling van
vergoeding deur die Staat vereis nie, en onteiening, waarvoor wel vergoeding
betaal moet word. Dit word algemeen aanvaar dat onteiening bestaan uit
ontneming plus ’n bykomstige element of bykomstige elemente. Daar is twee
moontlike faktore wat ’n ontneming in onteiening kan omskep: òf die
verkryging van eiendomsreg ten aansien van dit wat ontneem is deur ‘n
ander entiteit, byvoorbeeld die Staat, òf soos wat in Artikel 25 aangedui
word, deur die ontneming van die eienaar se regte in die openbare belang of
vir ’n openbare doel. In hierdie artikel word geargumenteer dat die
ontneming van minerale en petroleum hulpbronne onder enigeen van die
twee persepsies op onteiening neerkom.
On 1 May 2004, the Mineral and Petroleum Resources Development
Act1 (MPRDA), entered into force. The MPRDA transformed the state of
South African mineral law quite considerably. It abolished the existing
mineral law, introduced a new system relating to the exploration and
1 28