Abstract:
Sekelbos, oftewel Dichrostachys cinerea, is 'n inheemse plant wat waardevolle weiding en harde, duursame hout voorsien. Daar is twee subspesies van Dichrostachys cinerea : subspesie africana (variëteit africana en variëteit pubescens), en subspesie nyassana. Beide subspesies is klein meerstammige boompies (kleiner as 5 m) of struike.