Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionere taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet
Loading...
Date
Authors
Malan, Jacobus J. (Koos)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
In ’n bydrae in SA Publiekreg/SA Public Law (ter perse) is uiteengesit dat die taalbepalings,
hierna “die taalklousule” genoem, vervat in artikel 6 van die Suid-Afrikaanse grondwet ’n
sterk diskresionêre karakter het. Die gesaghebbende interpreterende gemeenskap van hierdie
bepaling, wat hoofsaaklik kom vanuit die huidige toonaangewende Afronasionalistiese
stroming in Suid-Afrika, het derhalwe aansienlike beweegruimte om by wyse van hulle
besondere vertolking van hierdie klousule konkrete inhoud daaraan te verleen. Teen hierdie
agtergrond is dit van groot belang om te bepaal wat die sosiopolitieke kragte is wat in daardie
geledere werksaam is en wat gevolglik die konkrete inhoud van die bepaling via die
interpretasie daarvan bepaal. In hierdie ondersoek word aangetoon dat dieselfde kragte wat in
Suid-Afrika werksaam is, eweneens elders in Afrika aan die werk is. Die belangrikste van
hierdie kragte word vervolgens geïdentifiseer en ontleed. Daar word in die besonder op vier
hiervan gefokus: die kunsmatigheid van die staat in Afrika; die aard van politieke bewussyn
in Afrika in samehang met die aard van Afrika-nasionalismes; die populêre oortuiging dat
Engels (en die ander koloniale tale), anders as die inheemse tale, die weg baan om
ekonomiese en sosiale aspirasies te verwesenlik, en gevolglik ook as voertaal in die onderwys
verkies word; en laastens, dat die Afrikatale distansiërend met premoderniteit verbind word
teenoor Engels (en die ander koloniale tale) wat vereenselwigend met modernisering en
vooruitgang verbind word. Al vier hierdie kragte werk sterk ten gunste van Engels en
verengelsing, en teen die Afrikatale. Indien die Suid-Afrikaanse grondwet oor ’n taalklousule
beskik het wat in besonderhede uiteengesit het op welke wyse die inheemse tale hanteer en
bevorder moet word, kon dit ’n belangrike rol gespeel het om hierdie tale te ondersteun en
verengelsing teen te werk. Die diskresionêre taalklousule het egter juis die teenoorgestelde
uitwerking deur as’t ware die werking van hierdie kragte aan te help in plaas daarvan om dit
te verswak.
Section 6 of the Constitution of the Republic of South Africa (the official language clause) provides for eleven official languages. It then proceeds to create what on a proper analysis amounts to a broad discretion for organs of state in relation to the actual treatment of the official languages. (This aspect is fully explored in an article “The discretionary nature of the official language clause”, SA Public Law / Publiekreg 2011, forthcoming). The way in which this discretion has been exercised (in conjunction with some other factors) has decisively steered South Africa in the direction of an official English monolingual state in all domains of official language use. The question which this article seeks to answer is why this has been happening. To answer the question one needs to identify the forces that are causing organs of state to exercise their discretion in this monolingual English fashion. The discretionary official language clause has created space for these forces to determine the actual content of the official language dispensation in South Africa. The same forces have also exerted a similar influence elsewhere in African continent. The foremost of these forces are identified and assessed.

Description
Keywords
Grondwetlike taalklousule, Verengelsing, Sosiopolitieke kragte (wat amptelike taalgebruik beïnvloed), Staat (kunsmatigheid van), Politieke bewussyn, Afrika-nasionalisme, Afrikanernasionalisme, Taal van aspirasie, Onderwystaal, Moderniteit
Sustainable Development Goals
Citation
Malan, K 2012, 'Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionere taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet', LitNet, vol. 9, no. 1, pp. 55-79.