The money or the box : perspectives on reckless credit in terms of the National Credit Act 34 of 2005

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van Heerden, C.M. (Corlia)
Boraine, A. (Andre), 1957-

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Pretoria University Law Press (PULP)

Abstract

Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (hierna die NKW) lei die konsep van roekelose krediet vir die eerste keer In Suid-Afrikaanse kredietwetgewing in. Die NKW poog om roekelose kredietverlening te voorkom deur voorooreenkoms-assessering ingevolge artikel 81 daarvan verpligtend te maak en maak verder voorsiening vir verskeie remedies ten opsigte van roekelose krediet. Daar word aan die howe verskeie magte verleen afhangende van die soort roekelose krediet wat toegestaan is. Aansienlike onduidelikheid bestaan egter oor die basis waarop die magte van die hof om te beveel dat ´n totale of gedeeltelike tersydestelling van die regte en verpligtinge van die verbruiker, aan wie roekelose krediet soos beoog in artikel 80(1)(a) en 80(1)(b)(ii) toegestaan is, uitgeoefen moet word. Dit is voorts ook nie duidelik op watter basis ´n hof ten aansien van voormelde soorte roekelose krediet moet besluit tussen tersydestelling van die verbruiker se regte en verpligtinge of opskorting van die krag en effek van die ooreenkoms nie. Hierdie bespreking stel praktiese ondersoek in na die aard van roekelose krediet en die wyse waarop ´n voorooreenkoms-assessering gedoen moet word. Die remedies ten opsigte van roekelose krediet word ontleed in 'n poging om die praktiese effek van die magte van die hof vas te stel ten opsigte van die verskillende gevalle van roekelose krediet waarvoor die NKW voorsiening maak. Die prosedurele implikasies verbonde aan roeklose krediet word ook ondersoek.
In the preamble to the National Credit Act 34 of 2005 (hereinafter “the NCA”) it is inter alia stated that this comprehensive piece of consumer credit legislation, of which the debt relief provisions effectively came into operation on 1 June 2007, aims to promote responsible credit granting and use and for that purpose prohibits reckless credit granting. Section 3(c) further elaborates on this objective by indicating that one of the purposes of the NCA is promoting responsibility in the credit market by encouraging responsible borrowing, avoidance of over-indebtedness and fulfilment of financial obligations by consumers; and discouraging reckless credit granting by credit providers and contractual default by consumers.

Description

Keywords

National Credit Act 34 of 2005, Reckless credit

Sustainable Development Goals

Citation

Van Heerden, CM & Boraine, A 2011, 'The money or the box : perspectives on reckless credit in terms of the National Credit Act 34 of 2005', De Jure, vol. 44, no. 2, pp. 392-415.