Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om ´n saak na
´n hof te bring asook om bygestaan te word om ´n saak aldus te bring. In
hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op ´n kind se
verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die
gemeenregtelike beperkings op ´n infans en ´n minderjarige se
verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie
beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die
kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het
in artikel 28(1)(h) vir kinders ´n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake
op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die
regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van ´n kurator ad
litem en ´n artikel 28(1)(h)- regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel
artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, ´n bydrae lewer om kinders
se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat
artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op ´n kind se
verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie.
The Children’s Act introduces new possibilities regarding child litigation
in South Africa. The inclusion of section 14 in the Children’s Act raises
the question whether it is possible for children to institute proceedings
in a court. Section 14 states that "every child has the right to bring, and
to be assisted in bringing a matter to a court, provided that matter falls
within the jurisdiction of that court”. One of the objectives of the
Children’s Act is “to give effect to certain rights of children as contained
in the Constitution”. The Constitution contains a general provision
granting “everyone” (thus including children) the right to access to courts. Furthermore it adds in the children’s section the right to be
assigned a legal practitioner in civil proceedings affecting the child.