JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.
Please note that UPSpace will be unavailable from Friday, 2 May at 18:00 (South African Time) until Sunday, 4 May at 20:00 due to scheduled system upgrades.
We apologise for any inconvenience this may cause and appreciate your understanding.
Gumede v President of the Republic of South Africa and others 2009 (3) SA 152 (KH)
Die Suid-Afrikaanse familiereg maak tans voorsiening vir drie soorte
huwelike. Daar is eerstens, die burgerlike huwelik wat ingevolge die
Huwelikswet (25 van 1961) gesluit word. Dan maak die reg ook voorsiening
vir gebruiklike huwelike wat ingevolge die bepalings van die Wet
op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike (120 van 1998) gesluit word
en laastens maak die Civil Union Act (17 van 2006) voorsiening vir
huwelike of burgerlike vennootskappe. Die doel van hierdie aantekening
is om die belang van die Gumede-beslissing vir burgerlike huwelike (en
hierby ingeslote huwelike/burgerlike vennootskappe ingevolge die Civil
Union Act 17 van 2006 waar van toepassing) wat ingevolge die Huwelikswet
voltrek is, te beskou.