Christopher Norton (1953- ) se Microstyles : vertrekpunt vir improvisasie
Loading...
Date
Authors
Du Plessis, Charl
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Unisa Press
Abstract
Christopher Norton het 48 stukke in uiteenlopende style onder die titel Microstyles gepubliseer. Een van hierdie stukke word hier as voorbeeld gebruik om te toon hoe 'n onderwyser die stylkorrekte uitvoering van hierdie musiek kan aanwend as aanmoediging vir improvisasie. Die voorstelle in hierdie artikel is gemik op 'n student wat reeds 'n stuk uit Microstyles aangeleer het en dieselfde begeleidingsmateriaal in die linkerhand as basis vir improvisasie wil gebruik. Na die analise van styl, harmonie, ritmiek, melodie en pedaalgebruik word daar deur middel van oorspronklike oefeninge gepoog om 'n gestruktureerde inleiding tot improvisasie te skep.
Description
Keywords
Christopher Norton, Microstyles
Sustainable Development Goals
Citation
Du Plessis, C 2009, 'Christopher Norton (1953- ) se Microstyles : vertrekpunt vir improvisasie', Musicus, vol. 37, no. 1, pp. 47-58. [http://www.unisa.ac.za/default.asp?Cmd=ViewContent&ContentID=20120]