Hierdie artikel ondersoek in twee hoofafdelings die veranderende opvattings van Afrikanervolksverhaalkenners en letterkundiges ten opsigte van gekose inheemse Suider-Afrikaanse volksvertellings. Met die opkoms van Afrikanernasionalisme aan die einde van die negentiende eeu het jong Afrikaneraktiviste dikwels inheemse volksvertellings in die ontplooiing van 'n ontluikende Afrikaanse literêre tradisie ingevoer. Aanvanklik was die oorsprong en die outentisiteit van die geskrewe weergawes van hierdie oorspronklike opvoerings nie in die gedrang nie. Teen die middel van die twintigste eeu, 'n era wat saamhang met 'n meer selfversekerde Afrikanernasionalisme, begin enkele Afrikanervolkskunskenners die oorspronklike verklarings in twyfel trek. Een besonder gesaghebbende ontwikkel standpunte wat in hoofsaak Europese beïnvloeding en strukturele verfyning eerder as inheemse oorspronge vooropstel. Die tweede afdeling sluit aan by die eerste met 'n bespreking van die verhaal "Klein Riet-alleen-in-die-Roerkuil" uit "Dwaalstories en ander vertellings" (1927) geskryf deur Eugène N. Marais. As 'n rondreisende storieverteller het Hendrik aanvanklik die verhaal opgevoer wat Marais onmiddellik neergeskryf het. In die afgelope paar dekades het 'n aantal navorsingsartikels verskyn met hoofsaaklik werkimmanente, teoretiese vertrekpunte wat die rol van die aanvanklike verteller geringskat of verdag maak ter wille van die skrywersestetiek van Marais. Hierdie artikel tree in gesprek met hierdie interpretasies en argumenteer dat Hendrik se rol as verteller na behore herstel en sy vaardigheid as die skepper van die aanvanklike opvoering erken moet word.
ENGLISH: This article explores in two main sections the changing perceptions of Afrikaner folklorists and literary critics on the origins of selected indigenous Southern African oral tales. With the emergence of Afrikaner Nationalism at the end of the nineteenth century, young Afrikaner activists often incorporated indigenous folktales in the development of a nascent Afrikaans literary tradition. Initially, the origins and the authenticity of such written-down versions of performances were rarely in dispute. However, around the mid-twentieth century, a period that coincides with a more confident Afrikaner Nationalism, Afrikaner folklorists came to doubt these original explanations. One prominent scholar in particular advanced views that seemed to favour European influence and structural refinement rather than indigenous origination. The second section ties in with the first in a discussion of the tale, "Klein Riet-alleen-in-die-Roerkuil" from "Dwaalstories en ander vertellings" (1927) by Eugène N. Marais. An intinerant storyteller, Hendrik, originally performed the tale which Marais, immediately following the performance, committed to print. Lately a body of scholarly literature, mostly close readings, came about which diminishes the role of the initial performer in favour of Marais' writerly aesthetics. The article takes issue with these interpretations and argues for the restoration and recognition of Hendrik's role as the creator of the initial performances.