Some comments on the interpretation and application of section 17 of the Children’s Act 38 of 2005
Loading...
Date
Authors
Boezaart, C.J. (Trynie)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Artikel 17 van die Children’s Act het die meerderjarigheidsouderdom na agtien
jaar verlaag. Hiermee is die meerderjarigheidsouderdom in ooreenstemming
met die Grondwet en die internasionale dokumente met betrekking tot kinders
gebring. Dit het ’n einde gemaak aan ’n situasie waar kinders te jonk was om
kontrakte aan te gaan, maar oud genoeg was om in polisieselle opgesluit te
word. As sodanig is die wetswysiging verwelkom. Die formulering van artikel 17
het egter veroorsaak dat ’n letterlike uitleg meebring dat net persone onder
agtien jaar ingevolge artikel 17 meerderjarig word. Hierdie uitleg is so vergesog
dat dit ’n wetswysiging noodsaak. Daar word aan die hand gedoen dat alle persone
wat op 1 Julie 2007 ouer as agtien was maar jonger as een-en-twintig jaar,
op daardie dag meerderjarig geword het. Die verlaging van die meerderjarigheidsouderdom
het enorme praktiese implikasies. Hierdie bydrae ontleed
die effek daarvan op verjaringstermyne, derdepartyeise, die restitutio in integrum,
onderhoudsbevele, skikkingsaktes en soortgelyke dokumente. Ten slotte
word aan die hand gedoen dat meer as net die erkenning van kinderregte
ingevolge hierdie nuwe Wet nodig is. Dit is naamlik van kardinale belang dat
kinders bemagtig word om hulle regte en verantwoordelikhede te kan uitleef.
Description
Keywords
Interpretation, Application, Section 17, Children’s Act
Sustainable Development Goals
Citation
Boezaart, T 2008, 'Some comments on the interpretation and application of section 17 of the Children’s Act 38 of 2005', De Jure, vol. 41, no. 2, pp. 245-254. [www.lexisnexis.co.za]