Hendrik Hofmeyr se Afrikaanse kunsliedere
Loading...
Date
Authors
Van der Mescht, Heinrich Hermann
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Unisa Press
Abstract
Die Suid-Afrikaanse komponis Hendrik Hofmeyr (gebore 1957) het tot dusver altesaam 28 liedere op Afrikaanse gedigte getoonset. Onder hulle tel gedigte van Elisabeth Eybers (10), Wilhelm Knobel (5), N.P. van Wyk Louw (5), Eugène Marais (2) en S.V. Petersen (6). Die meeste van die liedere is in opdrag gekomponeer. Die doel van die artikel was om na te speur hoe hierdie liedere ontstaan het en wat Hofmeyr se gesigspunte oor die toonsetting van Afrikaanse gedigte is. Onderhoude met die komponis is by die Universiteit van Kaapstad gevoer, en waardevolle inligting is uit sy aantekeninge tot die liedere verkry. Uit hierdie besonderhede blyk dit duidelik dat Hofmeyr baie deeglik oor die toonsettingsproses van elke gedig nagedink het. Die liedere bestaan dikwels uit 'n komplekse web van temas.
Description
Keywords
Hendrik Hofmeyr
Sustainable Development Goals
Citation
Van Der Mescht, H 2007, 'Hendrik Hofmeyr se Afrikaanse kunsliedere', Musicus, vol. 35, no. 2, pp. 46-56. [http://www.unisa.ac.za/default.asp?Cmd=ViewContent&ContentID=20120]