The term ‘utopia’ originated in 1516, when Thomas More christened his imaginary perfect society ‘Utopia’. The name combines the Greek terms eutopia (‘good place’) and outopia (‘perfect place’ or ’no place’). In this article, this binary aspect of utopian thought (of transcendent utopias versus utopias achievable here and now) is utilised in an analysis of three waves of utopian thought and art, focusing on the most recent. These waves correspond to the post-World War I and post-World War II eras respectively, and to current (early twenty-first century) thought. The term ‘utopia’, as used here, refers to an attempt to create an alternative social system in order to abrogate social tension. Current preoccupations with ‘utopia’ can be interpreted as a focus on inclusivity, diversity and multiculturalism
in an attempt to counter parochialism and othering. In this paper it is argued that the ideal of ‘unity-in-diversity’ re-occurs in Dutch utopian art from the early as well as mid-twentieth century and again at present. Furthermore, the discourse of contemporary art movements is contextualised in terms of current utopian thought, in order to answer the question: Where is utopia now?
Waar is ‘utopia’ nou: ’n ondersoek na kontemporêre Nederlandse utopiese denke en kuns.
Die term ‘utopia’ het sy ontstaan in 1516, met die benaming van Thomas More se denkbeeldige, perfekte samelewing. Die naam kombineer die Griekse terme eutopia (‘goeie plek’), en outopia (‘perfekte plek’ of ‘geen plek’). Hierdie tweeledige aspek van utopiese denke (van ’n bo-aardse utopie teenoor ’n utopie haalbaar in die hede) word hier aangewend in die ontleding van drie golwe van utopiese denke en kuns, met die fokus op die mees onlangse golf. Hierdie golwe stem ooreen met die tydperke na die Eerste- en Tweede Wêreld oorloë, en met hedendaagse (vroeg een-en-twintigste-eeuse) denke. Die term ‘utopia’, soos hier aangewend, verwys na ’n poging om ’n alternatiewe sosiale sisteem te skep
met die doel om sosiale spanning te bowe te kom. Hedendaagse utopiese denke kan geïnterpreteer
word in terme van ’n fokus op insluiting, diversiteit en multikulturalisme, met die doel om uit te styg bo nougesette denke en ‘anders-makery’. Met hierdie ondersoek word daar gepoog om aan te toon hoe die ideaal ‘eenheid-in-veelheid’ herverskyn in Nederlandse utopiese kuns in die vroeë-en middel twintigste eeu, en weer tans. Verder word die diskoers van kontemporêre kunsbewegings kontekstualiseer in terme van huidige utopiese denke, om sodoende die vraag te beantwoord: Waar is utopia nou?