Die Rand van die bosveldstollingskompleks, suid van Burgersfort, insluitende sekere perikotiet-liggame en die gemetamorfoseerde serie Pretoria

Show simple item record

dc.contributor.advisor Willemse, J.
dc.contributor.postgraduate Liebenberg, Leon
dc.date.accessioned 2024-11-27T09:16:27Z
dc.date.available 2024-11-27T09:16:27Z
dc.date.created 22/02/04
dc.date.issued 1964
dc.description Dissertation (MSc (Geology))--University of Pretoria, 1964.
dc.description.abstract Die horingfels en die kwartsiet van die boonste gedeelte van die Etage Magaliesberg suid van Burgersfort in Oos- Transvaal het baie aandag geniet in hierdie ondersoek. Die gesteentes was veral aan kontakmetamorfose onderworpe gewees, alhoewel die effekte van regionale metamorfe toestande ook op die kontak van 'n peridotietliggaam op Glen Ora herken kon word. Die volgende tipes horingfelse is onderskei: Chiastolietchloriet-, andalusietcordieriet-, granaatcordieriet-, s\illimanietcordieriet-, muskovietcordieriet- en kalksilikaathoringfels. In die lig van vorige navorsingswerk is die stabiliteitsverhouding en gevolglik die invloed wat chemiese samestelling en die graad van metamorfose op die verskyning van sekere kritieke minerale het, krities in oenskou geneem. Daar is gevind dat die vormingstoestande van andalusiet in die plek van chiastoliet, en sillimaniet in die plek van andalusiet, suiwer termaal van aard is. Granaat in granaatcordieriethoringfels verskyn by 'n mg-waarde groter as 0. 43. Die vermeerdering in cordieriet- en afname in andalusiet hoogop in die stratigrafiese opeenvolging word toegeskryf aan 'n toename in magnesium en 'n afname in aluminium. Die verskyning van mikroklien op hoer horisonte word ook deur die verandering in chemiese samestelling, naamlik 'n toename in Kalium, in plaas van verhoging in die graad van metamorfose, verklaar. In die metamorfe gesteentes is, op grond van tipiese mineraalassosiasies, die volgende metamorfe fasies herken: Albietepidoothoringfels-, horingblendehoringfels-, pirokseenhoringfels-, sanidiniet- en die sillimanietalmandietortoklaassubfasies van die almandietamfibolietfasies. Die kristallisasietoestande van peridotiet van die gebied is gevind dieselfde te wees as die van 'n tipiese harzburgiet met 'n poikilitiese tekstuur, naamlik kumulusolivien wat gemodifiseer is deur die interkumulusvloeistof. Ortopirokseen en plagioklaas het uitgekristalliseer as interkumulusmateriaal. Aangesien peridotietplutone in die metasedimente aanwesig is, is afgelei dat 'n peridotietmagma as sodanig bestaan het. Omdat nie genoegsame geologiese getuienis ingewin kon word oor die struk turele vorm van die peridotietliggame en die vloerkontak nie, is 'n gravimetriesE opname onderneem. 'n Transgressiewe verhouding van die Bosveldkompleks tot die omgewende sedimentere gesteentes kon bewys word. Volgens gravimetriesE en geologiese getuienis breek die ultramafiese gesteentes definitief deur die Magaliesbergkwartsiet.
dc.description.degree MSc (Geology)
dc.description.department Geology
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/99609
dc.language.iso Afr
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2024 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject Bosveldstollingskompleks
dc.subject Burgersfort
dc.subject Insluitende sekere perikotiet-liggame
dc.subject Gemetamorfoseerde
dc.subject UCTD
dc.title Die Rand van die bosveldstollingskompleks, suid van Burgersfort, insluitende sekere perikotiet-liggame en die gemetamorfoseerde serie Pretoria
dc.type Dissertation


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record