dc.contributor.postgraduate |
Cloete, Daniel Ruloff |
|
dc.date.accessioned |
2024-11-27T09:16:10Z |
|
dc.date.available |
2024-11-27T09:16:10Z |
|
dc.date.created |
22/02/07 |
|
dc.date.issued |
1957 |
|
dc.description |
Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1957. |
|
dc.description.abstract |
Die doel van die ondersoek was om gegewens in te samel omtrent die dolerietvoorkomste van die Pilanesberg, wat in ·die verlede baie min aandag geniet het. 'n Gebied van vyftig vierkantmyl, in die noordelike Pilanesberg, is met behulp van lugfotds gekarteer$ Veral is gelet op die veldverhoudings tussen die doleriet en die ander gesteentes. Die veldwerk het bewys dat die dolerietvoorkomste nie insluitsels in die alkali:gesteentes is nie, soos in die verlede beskou, maar dat hulle intrusief in die alkalikompleks i Die vorm is meestal die van byna horisontale plate, wat baie onreelmatig in plan is. Enkele gange is ook raakgeloop. Interessant is die feit dat daar nooit kilsones op die kontakte langs ontwikkel is nie. Die mikroskopiese ondersoek van die doleriet het bewys dat dit ooreenstem met die Hangnes-tipe, volgens die indeling van die Karoodoleriete deur Walker en Poldervaart. 'n Chemiese analise het bevestig dat die doleriet van Pilanesberg tot dieselfde groep as die Karoodoleriet behoort, en gladnie ooreenstem met die groep waaronder die doleriet van die Westelike Provinsie ressorteer nie. Op die kontak tussen die doleriet en die foyarete is soms dun lagies hibridiese gesteente gevind. Die gesteente bevat korrels van ougiet en pigeoniet met reaksierande van alaniet rondom. Die feit dat nefelien ook daarin teenwoordig is dui op reaksie van die doleritiese magma met die omgewende f'oya1ete en kontaminasie van eersgenoemde as gevolg daarvan. Die tinguaret wat altyd as 'n fynkristallyne fasies van die groen foya1et beskou is, is bewys ook hibridies te wees. Ook hierdie gesteentes is baie duidelik intrusief' in die foya1ete. 'n Chemiese analise dui daarop dat die samestelling van die gesteentes tussen die van doleriet en foyaiet . 'n Klein voorkoms van alkaligraniet is ook in die veld raakgeloop. Baie interessant in hierdie gesteente is die verskillende maniere waarop die kwarts die veldspaat en amfibool vervang. Die kontak met die omgewingsgesteentes is deur sand bedek, en moontlike oorgange is nie waargeneem nie. Die graniet word beskou as 'n moontlik laat silikaryk fase van die alkalikompleks. 'n Chemiese analise word gegee. Die foyaiete is volledig ondersoek maar geen nuwe gegewens omtrent hulle is verkry nie. Die aanwesigheid van nstrofilliet in die foyatet sowel as in die hibridiese gesteente is met behu.lp van X-straalondersoek bevestig. |
|
dc.description.degree |
MSc |
|
dc.description.department |
Geology |
|
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/99540 |
|
dc.language.iso |
Afr |
|
dc.publisher |
University of Pretoria |
|
dc.rights |
© 2024 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
|
dc.subject |
Dolerietvoorkomste |
|
dc.subject |
noordelike Pilanesberg |
|
dc.subject |
UCTD |
|
dc.title |
Die dolerietvoorkomste van die noordelike Pilanesberg |
|
dc.type |
Dissertation |
|