Abstract:
Algmonsters is oor die hele Transvaal versamel. In 433 van die ongeveer 500 ondersoekte algmonsters is verteen= woord~gers van die Euglenophyceae en/of Chlorophyceae ge= vind. Hierdie 433 algmonsters is by 152 lokaliteit~ ver samel. In totaal kon 415 algsoorte (spesies, varieteite en formae geidentifiseer word waarvan 19 as moontlike nuwe taksons beskryf word. n Verdere 21 entiteite kon nie met sekerheid tot op spesifieke of infraspesifieke vlak geiden= tifiseer word nie en 35 algsoorte is nie heeltemal tipies vir die spesie of infraspesifieke takson waarin hulle geplaas is nie. Die algsoorte wat in hierdie werk opgeneem is, ressorteer onder die Euglenophyceae-genusse Astasia, Euglena, Lepocinclis, Phacus, Strombomonas en Trachelomonas en die Chlorophyceaegenusse Eudorina, Gonium, Pandorina, Pleodorina, Volvox, Asterococcus, Gloeocystis, Chlorococcum, Sphaerocystis, Ankistrodesmus, Chlorella, Closteriopsis, Glaucocystis, Kirchneriella, Monoraphidium, Nephrocytium, Oocystis, Dictyosphaerium, Dimorphococcus, Westella, Coelastrum, Crucigenia, Scenedesmus; Pediastrum, Sorastrum, Geminella, Ulothrix, Microspora, Chaetophora, Aphanochaete, Chaeto sphaeridium, Bulbochaete, Oedogonium, Debarya, Mougeotia, Spirogyra, Zygnema, Zygnemopsis, . Cylindrocystis, Mesotaenium, Netrium, Roya, Spirotaenia, Gonatozygon, Actinotaenium, Bambusina, Closterium, Cosmarium, Desmidium, Groenbladia, Hyalotheca, Micrasterias, Penium, Pleurotaenium, Sphaerozosma, Teilingia en Triplastrum. Hiervan was die genusse Cosmarium, met 128 taksons, en Closterium, met 59 taksons, die beste verteenwoordig. 'n Getal van 109 van die algsoorte wat geidentifiseer kon word, is volgens bestaande literatuur nog nie voorheen in Suid-Afrika gevind nie en verteenwoordig dus nuwe rekords. Met enkele uitsonderings word illustrasies van al die algsoorte wat met hierdie studie gevind is voorsien en in die opsig is van lyntekeninge, fotomikrograwe en aftaselektron mikrograwe gebruik gemaak. By sekere algsoorte, veral ver teenwoordigers van die familie Desmidiaceae, is die skulp= tuur van die selwand taksonomies belangrik. Om hierdie rede is aftaselektronmikroskoopstudies van onskatbare waarde gevind.