This paper identifies the essential support functions of project management offices (PMO) for various organisational project management maturity (OPMM) levels. A case study of a South African petrochemical company compares a PMO within the company with a small projects department that is not supported by a PMO. OPMM development drivers and essential PMO support functions are identified for both structures. It is proposed that the requirements of essential PMO support functions depend on the OPMM level, but are also affected by business needs. The highest OPMM level is not required for every organisation, as the optimum OPMM level depends on the specific business’ requirements.
Hierdie artikel identifiseer noodsaaklike ondersteuningsfunksies van projekbestuurskantore (PBKe) vir verskillende vlakke van organisatoriese projekbestuur-volwassenheid. ’n Gevalstudie vergelyk ’n PBK en ’n klein projekte departement van ’n Suid-Afrikaanse petrochemiese maatskappy. Die ontwikkelingsdrywers van organisatoriese projekbestuur-volwassenheid en noodsaaklike PBK ondersteunings-funksies is vir beide strukture geïdentifiseer. Dit blyk dat die noodsaaklike PBK-funksies afhang van die vlak van organisatoriese projekbestuur-volwassenheid, maar ook beïnvloed word deur besigheids-behoeftes. Die optimale vlak van organisatoriese projekbestuur-volwassenheid hang af van spesifieke besigheidsvereistes, en vereis nie noodwendig die hoogste vlak van organisatoriese projekbestuur-volwassenheid nie.