English: The study "Strategic issues in purchasing management for manufacturing
enterprise" considers the premise that manufacturing enterprises are facing
increased competition and are operating in a dynamic environment. A
detailed literature survey was undertaken and an empirical study of a sample
of one hundred and fifty industrial enterprises was conducted. The findings
of the study indicate that enterprises are constantly adapting to changes in the
marketplace. The changes include regulations, deregulations, globalization,
advancing customer focused technology and services, growing quality
requirements and constant cost improvement pressures. Strategically
managing purchased goods and services positions manufacturing enterprises
to turn these changes into a competitive advantage by leveraging the
company's purchasing power and maximizing the contribution of the supply
base through mutually aligned interests.
The study presents an opportunity for the purchasing department to stand out
as a strategic leader. The study offers specific plans on how strategic
management of purchased goods and services can contribute to the enterprise's
objectives. In order to achieve the overall objectives of the enterprise, the
purchasing department must clearly understand what are the strategic issues
in purchasing management and must define its role in the change effort. In
addition it must plan for implementation of the change throughout the
enterprise. Within this context purchasing is identified as a constantly evolving
function in its role as a marketer to the internal customers within the
manufacturing enterprise, marketer to the external suppliers and a participant
in the corporate management process. This study examines the evolution of
purchasing and projects trends which are concomitant with strategic
purchasing.
"Strategic issues in purchasing management for manufacturing enterprise"
notes that the management of sources of materials and services is of vital importance especially for manufacturing enterprises. In addition the study
recognises changes in customer demands and competitive offerings and noted
the gaps between early strategic involvement of purchasing and product
innovation management. The new product development process requires
purchasing' s input in view of the fact that outside suppliers will provide
materials that constitute a majority of the cost of a new product. In addition,
suppliers may provide new product and process technologies that are critical
to the development effort. Purchasing is ideally located to manage this
interaction.
Considering the rapid evolution of the purchasing function, "Strategic issues
in purchasing management for manufacturing enterprise" recommends that
enterprises move away from the functional and transactional focused
purchasing practices and move towards an approach requiring interaction with
overall business objectives, business market intelligence, total cost decision
making, cross functional input, more integrated supply base, management of
the entire supply chain and finally customer focus. This relationship approach
causes a shift in purchasing philosophy from low price buying to total cost
management. This paradigm shift from that of managing a transaction, to that
of managing the cost of an entire business process, the process that starts with
design of the product or service and ends with the ultimate disposal of the
product or completion of the service, propels purchasing closer to strategic
business issues.
Finally, making recommendations on the basis of preconceived ideas is easier
than coming up with advice based on evidence. Therefore, this study presents
an opportunity and a point of departure for further research and debate in the
areas of best practices and globalisation.
Afrikaans: In die studie, "Strategiese aspekte rakende aankoopbestuur in vervaardigingsondememings",
word die aanname ondersoek dat vervaardigingsondernemings
toenemende mededinging in die gesig staar en in 'n mededingende omgewing
moet funksioneer. Vanuit hierdie konteks beskou, behoort die aankoopfunksie
binne die hierargiese struktuur van die onderneming vanaf 'n posisie van
"korporatiewe obskuriteit" tot 'n meer aktiewe en getntegreerde rol ingespan
te word. Topbestuur aanvaar huiwerig dat dit in 'n kostemededingende
omgewing verstandig sal wees om aankope se winsgenererende potensiaal te
ontwikkel. Die fokus van hierdie studie was om vas te stel of topbestuur die
aankoopafdel ing as 'n kundigheidsentrum vir alle aangeleenthede wat
betrekking het op die voorsieningsomgewing beskou. Sentraal tot die
uitgangspunt om aankope as 'n kundigheidsbron te ontwikkel, is die vermoe
van aankoopbestuurders om hul fokus tot groter as die tradisionele rol van die
aankoopafdeling te verbreed. Dit impliseer 'n herfokus van die
aankoopafdeling se pogmg om gemoeld te wees met meer strategiese
oorwegings, weg van die tradisionele en meer taktiese kwessies van aankope,
naamlik die regte produkte in die regte hoeveelhede en teen die regte pryse.
'n Uitgebreide literatuurondersoek is gedoen en 'n empiriese studie, gegrond
op 'n steekproef van 'n honderd-en-vyftig industriele ondernemings, is
uitgevoer. Die bevindings dui daaropdat ondernemings voortdurend by
veranderings in die mark aanpas. Die veranderings sluit die volgende in:
regulering, deregulering, gerigtheid op 'n wereldmark, die opkoms van
klientgerigte tegnologieen dienste, toenemende kwaliteitsvereisies en
voortdurende druk op kostebespaaring. Volgens 'n omvattende literatuurondersoek
kan vervaardingsondernemings hulself met behulp van die
strategiese aankoopbestuur van goedere en dienste op so 'n wyse posisioneer
dat hulle die_ genoemde veranderings tot 'n mededingende voordeel kan
aanwend, die maatskappy se aankoopkrag benut en die bydrae van die
voorsieningsbasis te maksimiseer deur onderlinge belange te versoer. Die bevindinge van hierdie studie bevestig egter dat daar mm of geen
betekenisvolle betrokkenheid van aankope in strategieformulering voorkom
nie. Die onverantwoordbare beskouing van aankope reduseer dit tot 'n suiwer
klerikale funksie. Dit word verder gereflekteer in die verwerping van die
hipotese dat aankope 'n gedeelde besluit is. Nog 'n bevinding van die studie
is dat die huldige praktyke, wat die omvang van die aankoopfunksie
karakteriseer, oor die volgende vyf jaar onveranderd sal bly. Hierdie
bevinding geld vir alle soorte bedrywe, naamlik klein, medium en groot.
Die navorsing wys op geleenthede wat die aankoopafdeling om uit te styg as
'n strategiese leier. Spesifieke planne waardeur die strategiese bestuur van
aangekoopte goedere en dienste kan hydra tot die onderneming se doelwitte,
word ook uitgewys. Ten einde die oorkoepelende doelwitte van die
onderneming te bereik, moet die aankoopafdeling 'n duidelike begrip he van
die strategiese vraagstukke by aankoopbestuur en die afdeling moet sy eie rol
in die herposisionering duidelik omskryf. Verder moet beplan word vir die
implementering van die strategiese verandering regdeur die onderneming.
Binne hierdie konteks word aankope aangedui as 'n voortdurend
ontwikkelende funksie, wat 'n rol speel as 'n be marker aan die interne
gebruikers binne die onderneming, bemarker aan die eksterne leweransiers
asook as 'n aktiewe deelnemer aan die korporatiewe bestuursproses. Die
studie ondersoek ook die ontwikkelings rakende aankope en projekteer
tendense wat vir strategiese beplanning van belang is.
Die studie "Strategiese aspekte rakende aankoopbestuur in vervaardigingsondernemings"
toon aan dat die bestuur van goedere en dienstebronne van
deurslaggewende belang vir veral die vervaardigingsondernemings is. Verder
identifiseer die studie veranderings in klienteverwagtings en mededingende
aanbiedinge en dui ook gapings tussen vroee strategiese betrokkenheid van
aankoop en produkontwikkelingsbestuur aan. Die nuwe produkontwikkelingsprosesse
vereis die aankoopafdeling se insette, omdat eksterne leweransiers
materiaal verskaf wat 'n groot gedeelte van die koste van 'n nuwe produk bepaal. Hierbenewens mag leweransiers ook oor nuwe produk- en prosestegnologie
beskik wat belangrik is vir die ontwikkelingspoging kan wees. Die
aankoopafdeling is in die ideale situasie om hierdie interaksie te bestuur.
Met inagneming van die snelle ontwikkeling van die aankoopfunksie, word
aanbeveel dat ondernemings wegbeweeg van die funksionele- en
transaksiegerigte aankooppraktyke. Hulle behoort eerder 'n benadering na te
streef wat die oorkoepelende ondernemingsdoelstellings, omgewingsinligting,
totale kostebesluitneming, vasstelling, kruisfunksionele insette, 'n meer
ge10tegreerde voorsieningsbasis, bestuur van die hele voorsieningsketting en
klantgerigtheid integreer. Dit vereis egter 'n verskuiwing in die
aankoopfilosofie van lae prysaankope na totale kostebestuur en uiteindelik
klantgerigtheid. Sodanige paradigmaverskuiwing weg van die bestuur van 'n
transaksie, na die bestuur van 'n algehele bedryfsproses, 'n proses wat begin
met produk of voltooiing van die <liens bring aankope nader aan die strategiese
vraagstukke van die onderneming.
Dit is ten slotte makliker om aanbevelings te maak op grond van
vooropgestelde idees, eerder as om advies te gee op grond van empiriese
bewyse. Daarom poog hierdie studie om 'n vaste vertrekpunt vir verdere
navorsing te bied en om 'n bydrae te lewer tot die debat waarin na die beste
metodes in internasionale verband gesoek word.