'n Kritiese analise van terminologiebestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks

Show simple item record

dc.contributor.advisor Taljard, Elsabé
dc.contributor.postgraduate Goosen, Michelle
dc.date.accessioned 2024-07-12T09:44:29Z
dc.date.available 2024-07-12T09:44:29Z
dc.date.created 2024-09-04
dc.date.issued 2024-07-11
dc.description Thesis (PhD (Humanities))--University of Pretoria, 2024. en_US
dc.description.abstract Hierdie studie gee rekenskap van die vernaamste Suid-Afrikaanse terminologiebestuursprogramme. Spesifieke aandag word gegee aan die beskikbaarheid / toeganklikheid van hierdie programme se terminologiese hulpbronne vir taalgemeenskappe. Die kennisgebaseerde benadering tot terminologie (Eng: knowledge-based approach to terminology) word as teoretiese raamwerk vir die betrokke studie gebruik. Aspekte wat spesifiek in hierdie literatuurstudie bespreek word, is eerstens ’n oorsig van taalbeleid en taalbeplanning as instrumente in ’n proses van taalpolitieke verandering. Daar word verwys na Suid-Afrika se nasionale taalbeleidsraamwerk, die taalbeleidsraamwerk vir openbare hoëronderwysinstellings en taalbeplanning wat op verskillende vlakke uitgevoer kan word. Die bespreking sluit ook die verskillende fases in waarvolgens ’n terminologiebeleid ontwikkel word. In die tweede plek word verskillende aspekte van terminologiebestuur bespreek. Daar word aandag gegee aan terminologiebestuur wat binne verskillende kontekste vir verskillende doeleindes uitgevoer kan word. Die profiel van die teikengebruiker van ’n terminologiese produk, die nuutste moontlikhede wat tegnologiese ontwikkeling binne terminologiebestuur bied en ’n algemene werkvloeidiagram vir terminologiebestuur vorm deel van hierdie bespreking. In die derde plek word ’n kritiese oorsig gegee oor die vernaamste internasionale terminologiebestuursprogramme wat maklik toeganklik is, gevolg deur ’n kritiese bespreking van die vernaamste Suid-Afrikaanse terminologiebestuursprogramme. Die laaste aspek wat hierdie studie ondersoek, is tot watter mate die nasionale platform The South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR) gebruik kan word vir die koördinering van terminologiese hulpbronne. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.degree PhD (Humanities) en_US
dc.description.department African Languages en_US
dc.description.faculty Faculty of Humanities en_US
dc.description.sponsorship SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en_US
dc.identifier.citation * en_US
dc.identifier.doi 10.25403/UPresearchdata.26268163 en_US
dc.identifier.other S2024 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/96961
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_US
dc.subject Terminologiebestuur en_US
dc.subject Oopbronterminologiese hulpbronne en_US
dc.subject Kennisgebaseerde benadering tot terminologie en_US
dc.subject Terminologiese databasisse en_US
dc.subject Suid-Afrikaanse terminologiebestuursprogramme
dc.subject.other Sustainable Development Goals (SDGs)
dc.subject.other Humanities theses SDG-04
dc.subject.other SDG-04: Quality education
dc.title 'n Kritiese analise van terminologiebestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record