Varsgebek : ’n Gebruiksgebaseerde studie van nuwe Afrikaanse vaste uitdrukkings

Show simple item record

dc.contributor.advisor Pilon, Suléne
dc.contributor.postgraduate Oerlemans, Anriné
dc.date.accessioned 2024-07-10T08:36:39Z
dc.date.available 2024-07-10T08:36:39Z
dc.date.created 2024-09
dc.date.issued 2024
dc.description Dissertation (MA (Applied Language Studies))--University of Pretoria, 2024. en_US
dc.description.abstract Daar word dikwels beweer dat Afrikaanse mense nie meer van idiome (en ander vaste uitdrukkings) in hul skryf- en spreektaal gebruik maak nie. Hierdie studie poog om hierdie bewering te ondersoek deur vas te stel wat die gebruiksfrekwensie van ʼn aantal nuwe Afrikaanse vaste uitdrukkings is. Die nuwe vaste uitdrukkings wat ondersoek is, is afkomstig uit inskrywings wat in 2016 en 2017 voorgelê is vir die Virtuele instituut vir Afrikaans (VivA) se Varsgebek-kompetisie. Daar is ook ondersoek ingestel na die semantiese velde waarin hierdie nuwe vaste uitdrukkings aangetref word in ʼn poging om vas te stel of Afrikaanssprekers in 2024 ander semantiese velde gebruik wanneer uitdrukkings geskep word as wat in die verlede, circa 2000, die geval was. Alvorens daar op die nuwe uitdrukkings gefokus kon word, is daar eers ʼn terminologietaksonomie opgestel om (a) die vaste uitdrukkings in die Varsgebek-data te identifiseer, en (b) die geïdentifiseerde uitdrukkings verder in subkategorieë te kon klassifiseer. Die studie bevind eerstens dat daar baie terminologiese verwarring in die literatuur oor vaste uitdrukkings bestaan en daar word stelle kriteria gepostuleer waarmee daar tussen verskillende tipes vaste uitdrukkings onderskei kan word. Daarna word die Varsgebek-data geanaliseer en daar word bevind dat 33 uitdrukkings meer as een keer (en dus met ʼn relatief hoë frekwensie) in twee Afrikaanse korpora, naamlik VivA se Korpuspotaal: Omvattend en Korpusportaal: Eksklusief voorkom. Die semantiese velde waarin hierdie 33 uitdrukkings aangetref word, word geïdentifiseer en daar word bevind dat hierdie nuwe uitdrukkings behoort tot semantiese velde wat al in die verlede geïdentifiseer is as die semantiese velde waaruit gevestigde Afrikaanse uitdrukkings kom. Dit blyk dus dat daar, ten minste wat die Varsgebek-data betref, van dieselfde semantiese velde as in die verlede gebruik gemaak word wanneer nuwe Afrikaanse uitdrukkings geskep word. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.degree MA (Applied Language Studies) en_US
dc.description.department Afrikaans en_US
dc.description.faculty Faculty of Humanities en_US
dc.identifier.citation * en_US
dc.identifier.doi 10.25403/UPresearchdata.26210576 en_US
dc.identifier.other S2024 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/96882
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject Idiomatiese taalgebruik en_US
dc.subject Afrikaans en_US
dc.subject Varsgebek en_US
dc.subject Idiome en_US
dc.subject Spreekwoorde en_US
dc.subject Semantiese velde en_US
dc.subject UCTD
dc.subject.other Sustainable Development Goals (SDGs)
dc.subject.other SDG-04: Quality education
dc.subject.other Humanities theses SDG-04
dc.subject.other SDG-11: Sustainable cities and communities
dc.subject.other Humanities theses SDG-11
dc.title Varsgebek : ’n Gebruiksgebaseerde studie van nuwe Afrikaanse vaste uitdrukkings en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record