In this paper it is argued that contemporary architectural and urban space has become impoverished through the hegemony of a formalistic approach in architecture and urban design, and Modernism’s separation of subject and object. This has resulted in the loss of the (human) body and bodily experience as determinants in the spatial production of the African city. In addressing these issues a temporal dynamic reading of spatial construction is suggested, supported by new strategies in analyzing spatial conditions and taking account of the social event as a constituting influence.
In hierdie artikel word geargumenteer dat kontemporêre argitektoniese en stedelike ruimte verarm geraak het as gevolg van die oorheersing van ’n formalistiese benadering in argitektuur en stedelike ontwerp, en die verwydering wat as gevolg van Modernisme tussen objek en subjek ontstaan het. Die gevolg hiervan is die verlies van die (menslike) liggaam en ligaamlike ervaring as bepalende faktore in die ruimtelike produksie van die Afrika-stad. Om hierdie kwessies aan te spreek word voorgestel dat ’n temporele, dinamiese beskouing van ruimtekonstruksie nodig is, ondersteun deur nuwe strategieë waarvolgens ruimtelike omstandighede wat sosiale gebeurtenis as vormende invloed in ag neem, geanaliseer kan word.