In the 21st century, educators worldwide face three challenges: learners must be prepared to do work that does not yet exist, to solve problems that do not yet exist, and to use technology that has not yet been developed. The development of global competencies such as critical and creative thinking and proficiency in more than one language has become critically important to facilitate learners in developing their identity as global citizens and share cultural beliefs and values across ethnic borders. A qualitative content analysis was conducted, firstly to determine what the CAPS requires regarding the development of global competencies, and secondly, how it is reflected in the final examination question papers and approved CAPS textbooks for Afrikaans FAL. A multiliteracies approach was used as a theoretical lens to investigate the development of global competencies in the texts and questioning of a widely used, approved textbook series and NSC final examination papers (2018-2022). Through an interpretivist lens, the success of the four pillars of multiliteracies (situated practice, overt instruction, critical framework, and transformed practice) was explored deductively in the three mentioned datasets. The three FAL textbooks that have been top sellers in the Afrikaans FAL market for over 10 years are still available as first editions, of which the grade 11 version, for example, has already been reprinted 43 times. Since the textbook approval process in 2011-2013, no themes, topics, texts, or vocabulary have been updated. Everyday realities such as artificial intelligence, load shedding, potholes, the pandemic, fake news, and TikTok are not mentioned anywhere in the sample. Although there are some advertisements, simulated web pages, and cartoons in the books, visual texts are mostly used to test grammar rather than for the development of visual literacy, which is comprehensively tested in Paper 1. Therefore, the study finds that the prescribed textbook series hardly prepares learners for the NSC exam paper, where global competencies are addressed. The conclusion is that the textbook series has not taken the demands of the 21st century into account at all and therefore emphasises the importance of examining and improving language textbooks, as well as recognising the instrumental role of textbooks in the development of global competencies for the 21st century.
In die 21ste eeu, is daar drie uitdagings wat (wêreldwyd) vir onderwysers voorlê: leerders
moet voorberei word om 'n werk te doen wat nog nie bestaan nie, om probleme op te los
wat nog nie bestaan nie en om tegnologie te gebruik wat nog nie ontwikkel is nie. Die
ontwikkeling van globale vaardighede soos kritiese en kreatiewe denke en vaardigheid in
meer as een taal het krities belangrik geword sodat leerders hul identiteit as
wêreldburgers kan ontwikkel en kulturele oortuigings en waardes oor etniese grense heen
kan deel. 'n Kwalitatiewe inhoudsontleding is uitgevoer, eerstens om vas te stel wat die
KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en tweedens hoe
dit in die eindeksamenvraestelle en goedgekeurde KABV-handboeke vir Afrikaans EAT
neerslag vind. 'n Multigeletterdheidsbenadering is as teoretiese lens gebruik om die
ontwikkeling van globale vaardighede in die tekste en vraagstelling van 'n veelgebruikte,
goedgekeurde handboekreeks en NSS-eindeksamenvraestel (2018-2022) te ondersoek.
Deur 'n interpretivistiese lens, is die geslaagdheid van die vier pilare van
multigeletterdheid (gesitueerde werklikheid, openlike onderrig, kritiese raamwerk en
veranderde werklikheid) op ʼn deduktiewe wyse in die drie genoemde datastelle ontgin.
Die drie VOO-handboeke wat vir meer as 10 jaar ’n topverkoper in die Afrikaans EAT
mark is, is steeds beskikbaar as eerste uitgawes, waarvan die graad 11-weergawe
byvoorbeeld reeds 43 keer herdruk is. Sedert die handboekkeuringsproses in 2011-2013, is geen temas, onderwerpe, tekste, of woordeskat bygewerk nie. Alledaagse realiteite
soos kunsmatige intelligensie, beurtkrag, slaggate, die pandemie, fopnuus en TikTok
word nêrens in die steekproef gemeld nie. Alhoewel daar enkele advertensies,
nagebootste webblaaie en strokiesprente in die boeke voorkom, word visuele tekste
eerder gebruik om grammatika te toets as vir die ontwikkeling van visuele geletterdheid
wat omvattend in Vraestel 1 getoets word. Die studie bevind dus dat die voorgeskrewe
handboekreeks leerders hoegenaamd nie vir die NSS-eksamenvraestel, waar globale
vaardighede wel aangespreek word, voorberei nie. Die gevolgtrekking is dat die
handboekreeks geensins rekening gehou het met die eise van die 21ste eeu nie en
bevestig daarom die belangrikheid daarvan om taalhandboeke te ondersoek en te verbeter, en om handboeke se instrumentele rol in die ontwikkeling van globale
vaardighede vir die 21ste eeu te erken.
Sleutelwoorde: 21ste-eeuse vaardighede; addisionele taal; Afrikaans Eerste Addisionele
Taal; globale vaardighede; inhoudsontleding; multigeletterdheid.