Die samehang in die privaatreg van die Changana-Tsonga van Mhala, met verwysing na die administratiefregtelike en prosesregtelike funksionering

Show simple item record

dc.contributor.advisor Coertze, Roelof Dewald
dc.contributor.postgraduate Hartman, Jan Barend
dc.date.accessioned 2023-12-18T08:09:36Z
dc.date.available 2023-12-18T08:09:36Z
dc.date.created 2023
dc.date.issued 1978
dc.description Thesis (DPhil (Volkekunde))--University of Pretoria, 1978. en_US
dc.description.abstract Die Changana-Tsonga van Mhaladistrik kan op grond van hulle geskiedenis en etniese skakeling as 'n mikrokosmos van die inwoners van Gazankulu beskou word. Die administratiefreg het die bestaan en funksionering van 'n sentrale stamgesag ('n kaptein-in-rade), verskillende gewestelike gesagsfigure (wykshoofde-in-rade) en 'n verskeidenheid sosio-politiese gesagsfigure by elke stam blootgele. Die kaptein beklee sy posisie op grond van sy hooggeborenheid en delegeer gesag aan die wykshoofde terwyl .die reg van gesagsuitoefening binne elke sosio-politiese eenheid by die senior manlike lid daarvan, berus. Uit die beskrywing van die prosesreg is dit duidelik dat die regspraak telkens 'n funksie van die gesagsfigure in elke starn is. Die jurisdiksie van die howe verskil van mekaar. Die verrigtinge van die kapteins- en wykshof geskied in die openbaar; die van die familiehowe vind in die geheim plaas. Die,prosedure in al hierdie howe is dieselfde en daar bestaan 'n deurlopende appelmoontlikheid vanaf die laagste na die hoogstc hof in elke stam. In die farniliereg val die klern op huweliksluiting, die gevolge van huweliksluiting en die ontbinding van die huwelik en die voortsetting daarvan na sterfte. Huwclik= sluiting geskied deur die sluiting van 'n besondere soort kontrak, die lewering van trougoedere en die oordrag van die bruid. Die vaders van die bruid en die bruidegorn tree as verteenwoordigers van hulle afkornsgroepe op. Huweliksluiting lei tot die ontstaan van 'n kerngesin of 'n poliginiese gesinne-eenheid waarbinne man en vrou weder= sydse verpligtinge teenoor rnekaar rnoet nakorn. Daar bestaan ook wedersydse versorgingsverpligtinge tussen ouers en kin= ders. Die vader aanvaar aanspreeklikheid vir die onregrnatige dade van sy vrou(ens) en ongetroude kinders. Kinders wat binne die huwelik gebore word, word as wettige kinders beskou. Verskillende soorte buite-egtelike kinders kan per ooreenkoms gewettig word. Egskeiding geskied hoofsaaklik wanneer man of vrou hulle verpligtinge nalaat en word eers van krag as dit deur 'n familiehof beveel word. Die afsterwe van man of vrou be• eindig nie die huwelik nie. Dit kan deur die leviraat of sororale aanvulling voortgesit word. Binne die erf- en opvolgingsreg kan goedere sowel as status vererf. Kapteinskap, liniehoofskap en huishoofskap is die belangrikste openbare statusposisies waarin opgevolg kan word. Goedere kan per "testament" sowel as intestaat vererf. Onterwing is moontlik. Elke boedel word ooreenkornstig 'n geykte prosedure gelikwideer en beredder. Waar die gemenereg se vernaamste uitgangspunt 'n studie is van die individu se status en bevoegdhede in die reg moet in die inheemse reg uitgegaan word van die individu binne groepsverband. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.degree DPhil (Volkekunde) en_US
dc.description.department Anthropology and Archaeology en_US
dc.description.faculty Faculty of Humanities en_US
dc.identifier.citation * en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/93795
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2021 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die samehang in die privaatreg van die Changana-Tsonga van Mhala, met verwysing na die administratiefregtelike en prosesregtelike funksionering en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record