Prototipiese Afrikaanse taboewoorde

Show simple item record

dc.contributor.advisor Pilon, Suléne
dc.contributor.coadvisor Van Huyssteen, Gerhardus Beukes
dc.contributor.postgraduate Van der Merwe, Mart-Mari
dc.date.accessioned 2023-02-07T13:30:43Z
dc.date.available 2023-02-07T13:30:43Z
dc.date.created 2023
dc.date.issued 2022
dc.description Dissertation (MA (Afrikaans))--Universitiy of Pretoria, 2022. en_US
dc.description.abstract In enige taalgemeenskap ontstaan daar sekere konvensies wat lede van die taalgemeenskap se taalgebruik tot ʼn meerdere of mindere mate reguleer. ʼn Aspek van taalgebruik wat by uitstek aan hierdie regulering onderwerp word, is taaltaboes, en spesifiek taboewoorde. Een van die liggame wat ʼn praktiese rol ten opsigte van hierdie regulasie in die (Suid-)Afrikaanse konteks speel, is die Film- en Publikasieraad (FPR), wat verantwoordelik is vir die klassifikasie van onder andere sterk taalgebruik in films en ander publikasies. Daar is egter tot op hede geen empiries begronde navorsing waarop hierdie klassifikasie berus nie, en dus word dié navorsingsveld in hierdie studie verken. ʼn Eerste stap in die rigting van empiries begronde klassifikasieriglyne is uiteraard die identifisering van die leksikale items wat geklassifiseer moet word, en vervolgens is die fokus in die studie ingestel op prototipiese Afrikaanse taboewoorde, oftewel daardie taboewoorde wat die meeste gebruik word en die maklikste opgeroep word in die Afrikaanssprekende gemeenskap. In die vakliteratuur is daar egter geen metodologiese riglyne vir die identifisering van sodanige leksikale items gevind nie, en dus was die eerste doelstelling van hierdie studie om die konsepte taboewoord en prototipies te omskryf met die oog op die metodologiese operasionalisering daarvan. Na afloop van die literatuurondersoek ter uitvoering van voorgenoemde doelstelling, is ʼn spesifieke navorsingsvraag gevra: Watter Afrikaanse taboewoorde kan empiries geïdentifiseer word as die 50 prototipiesste Afrikaanse taboewoorde? Vier subvrae is voorts geformuleer om te toets vir enkele eienskappe van prototipes soos veronderstel word in die prototipeteorie (Rosch 1975a): i. Watter 50 Afrikaanse taboewoorde word sonder kontekstualisering eerste en die frekwentste deur Afrikaanssprekende respondente skriftelik geproduseer? ii. Watter 50 Afrikaanse taboewoorde word met kontekstualisering die frekwentste deur Afrikaanssprekende respondente skriftelik geproduseer? iii. Watter 50 Afrikaanse taboewoorde kom die frekwentste in korpora voor? iv. Watter 50 Afrikaanse taboewoorde word in ʼn goedheid-van-voorbeeld-vraelys deur Afrikaanssprekende respondente beoordeel as die beste voorbeelde van taboewoorde? Om die eerste subvraag te beantwoord, is ʼn eerste ondersoek uitgevoer met behulp van ʼn aanlyn vraelys. Die resultate van die vraelys is verwerk en uiteindelik is ʼn ranglys van 50 taboewoorde op grond van hierdie resultate opgestel. Die tweede subvraag handel oor die 50 taboewoorde wat die meeste gebruik is as respons op hipotetiese situasies. In die tweede ondersoek is respondente gevra om ʼn vloekreaksie op 14 emosionele scenario’s te gee. Hierdie data is verwerk en vervolgens is ʼn tweede ranglys van 50 taboewoorde opgestel. ʼn Korpusondersoek is uitgevoer om die derde subvraag te beantwoord. Ná afloop van die korpusondersoek is daar weereens ʼn ranglys opgestel wat ʼn refleksie is van die 50 prototipiesste Afrikaanse taboewoorde op grond van voorkomsfrekwensie in korpora. Die vierde subvraag is beantwoord met behulp van ʼn goedheid-van-voorbeeld-vraelys wat aanlyn gepubliseer word. Na aanleiding van die resultate is ʼn vierde ranglys van 50 Afrikaanse taboewoorde opgestel. Hierdie ranglys toon aan watter Afrikaanse taboewoorde die respondente as die beste voorbeelde van Afrikaanse taboewoorde beskou. Uiteindelik is tot die gevolgtrekking gekom dat die verskillende ondersoeke se resultate nie verenig kan word nie. Die eerste ondersoek se metode is uitgesonder as die betroubaarste metode wat in hierdie studie gebruik is om prototipiese taboewoorde mee te identifiseer. Derhalwe dien die eerste ondersoek se top 50 as die antwoord op die hoofnavorsingsvraag. Die 50 prototipiesste Afrikaanse taboewoorde is: fok, poes, bliksem, doos, kak, donder, kont, moer, naai, fokken, fokker, hoer, etter, poephol, piel, drol, slet, fokkit, fokkof, jissus, moerskont, naaier, teef, blerrie, shit, stront, ma se poes, befok, tos, k1-woord, hol, fokkol, god, jirre, fok tog, gat, pis, wetter, fuck, tril, dêmmit, fokkop, skyt, asshole, moerse, ballas, bitch, werfetter, bekak en spyker. Sleutelterme: Afrikaans, prototipe, prototipeteorie, prototipiese Afrikaanse taboewoorde, taboewoorde, vloeknavorsing. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.degree MA (Afrikaans) en_US
dc.description.department Afrikaans en_US
dc.description.sponsorship Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en_US
dc.description.sponsorship Universiteit van Pretoria en_US
dc.identifier.citation * en_US
dc.identifier.doi 10.25403/UPresearchdata.21975719 en_US
dc.identifier.other A2023
dc.identifier.uri https://repository.up.ac.za/handle/2263/89260
dc.identifier.uri DOI: https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.21975719.v1
dc.identifier.uri
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2022 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject Afrikaanse taalkunde en_US
dc.subject Prototipeteorie
dc.subject Afrikaanse taboewoorde
dc.subject Vloeknavorsing
dc.subject Prototype Theory
dc.subject Prototypical Afrikaans taboo words
dc.subject Swearword research
dc.subject.other Humanities theses SDG-10
dc.subject.other SDG-10: Reduced inequalities
dc.title Prototipiese Afrikaanse taboewoorde en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record